Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 June 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. ‘n Nederlandstalige bloemlesing

Oor die jare heen het daar in Suid-Afrika ’n hele aantal bloemlesings uit die Nederlandstalige poësie verskyn, veral met die oog op die voorskryfmark. Hierdie bloemlesings wat deur Suid-Afrikaanse letterkundiges saamgestel is, het ons studente in staat gestel om met baie eeue van Nederlandstalige letterkunde kennis te maak. Vandag kan dit boeiend wees om ’n uitgebreide studie van hierdie bloemlesings te maak (soos wat H.P. van Coller en B.J. Odendaal dit ten opsigte van Afrikaanse bloemlesings gedoen het).

 

Twee van my dosente aan die Universiteit van Pretoria, S. Strydom en H. Ohlhoff, was die samestellers van Van Middeleeue tot Goue Eeu (1976). In my eerste jaar het prof. Strydom, ’n uitmuntende dosent, die boek met sy interessante literatuurgeskiedenis, illustrasies, woordverklarings, kommentaar en vrae ingewy. Maar self het hy nooit nodig gehad om in die boek te kyk wanneer hy ’n gedig met ons behandel nie! Hy het immers al die gedigte (’n fragment uit die Marialegende Beatrijs, “Heer Halewyn”, “Egidius”, “Maria die zoude naer Bethlehem gaen”, P.C. Hooft se “Galathea”, ens.) uit die kop uit geken en gevoelvol voorgedra. Vandag nog onthou geslagte studente prof. Strydom hom groot waardering en agting.

 

Sedert Van Middeleeue tot Goue Eeu het daar na my wete ongelukkig geen nuwe bloemlesing uit die Nederlandstalige poësie in Suid-Afrika verskyn nie. Die kulturele boikot, die kleiner getal studente wat Afrikaans en Nederlands op ons universiteite neem en die uitskakeling van ’n Nederlandse voorgeskrewe boek op skool het sekerlik almal baie hiermee te doen.

 

Ek en Ad Zuiderent het met Ons klein en silwerige planeet: Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte oor die omgewing (1997) wel gedigte van 35 hedendaagse Nederlandstalige digters opgeneem. My en Zuiderent se bloemlesing, waarin die drie tale in “eenheidsverband” aangebied word, het egter nie die behoefte aan ’n nuwe bloemlesing uit die Nederlandstalige poësie onnodig gemaak nie. Om ons die rykheid van die hedendaagse Nederlandstalige poësie te toon, het ons ’n publikasie nodig wat ons ruim met hierdie dinamiese poësie kan laat kennis maak. Suid-Afrikaanse bloemlesings met Nederlandstalige poësie (waarvan party nog in gebruik is soos stokou vliegtuie in derdewêreldlande!) het bowendien niks oor die digters wat ná die Vijftigers op die toneel verskyn het nie.

 

Die normalisering van bande tussen Suid-Afrika en die Lae Lande het wel tot nuwe interaksie gelei, maar in Suid-Afrika het die geïnteresseerde leser steeds moeilik toegang tot die Nederlandstalige poësie. Waarom is ’n boeiende digter soos Hans Faverey (om net één voorbeeld te noem!) hier by ons so onbekend en is daar, na my wete, byna geen Afrikaanse digter wat al met hom “in gesprek getree” het nie?

 

Johann Lodewyk Marais

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Luuk Gruwez – vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d