Langsaam ontplof die literatuur
Daniel Hugo
Die Vlaamse penvoerder Tom Lanoye is nie net ’n skrywer van romans, kortverhale en polemiese essays nie; hy is ook ’n dramaturg en self ’n verhoogkunstenaar, ’n “performer” van sy eie tekste. In 2005 is sy gedigte in die versamelbundel De meeste gedichten (Uitgeverij Prometheus, Amsterdam) gepubliseer. Heelwat van sy gedigte is bedoel om ironies-oordrewe voorgedra te word. ’n Sleutelfrase in sy werk is “Langsaam ontplof die literatuur”. Soos by kabarettekste dien die teatrale gebaar eintlik om die egte emosie te verberg. Die emosionele grondslag van Lanoye se poësie is veral duidelik in sy liefdesgedigte.
Realisme
De eerste twee gedichten omgewerkt,
van onleesbaar klad naar in het net,
op extra dik papier getikt en met de
hand getekend, wat al niet, en ze daarna
in vieren gevouwen in een envelop
geschoven, en de envelop voorzichtig,
ter hoogte van mijn hart, in het zakje
van mijn leren jack geborgen. Dan op pad.
R. zit in Café De Fiets als altijd bij de
flipperkast, zijn shagje rollend. Hij wil
een De Koninck, ik drink Spa. We praten
over de vakbond, Guido zijn gezondheid,
het weer. Zeg vraag ik terloops, wat vind
jij eigenlijk van poëzie? Yèk, gedichten,
bah. Hij trekt zijn neus op. Ik moet opeens
denken aan de moedervlek rechts onder zijn
navel. Gedíchten, zegt hij, waarom vraag je
dat? Oh zomaar, zeg ik, en we praten voort
over het openbaar vervoer en Jules Croiset.
Een uitermate boeiend en verhelderend gesprek.
Realisme
Die eerste twee gedigte verbeter,
hulle netjies oorgeskryf, op
ekstra dik papier getik en
met die hand geteken, hulle toe
in kwarte gevou, in ’n koevert
geskuif en die koevert versigtig,
teen my hart, in die bosak
van my baadjie bewaar. Toe op pad.
R. sit in Café De Fiets soos altyd by
die spykerkas sy sigaret en rol. Hy
bestel ’n bier, ek drink Spa. Ons praat
oor die vakbond, Guido se gesondheid,
die weer. Sê my, vra ek terloops, wat dink
jy van die poësie? Jeg, gedigte, ga.
Hy trek sy neus op. Ek onthou skielik
die moedervlek regs onder sy naeltjie.
Gedigte, sê hy, hoekom vra jy dit?
Ag sommer, sê ek, en ons praat verder
oor sokker, sepiesterre, die televisie.
’n Besonder boeiende en insiggewende gesprek.
Grootspraak
Noem woorden mank en lippen
stram, en zeg van klank dat
hij per meter sterft.
Heet stemmen stom en adem
stank, zeg dat een zin
bederft voor hij begint.
Maar weet dat ik niet zwijgen
kan. Wie ziek is, moet maar ijlen.
Wie liefde kent, zal kwijlen.
Grootspraak
Beweer maar woorde is mank en lippe
stram, en sê van klank dat
dit meter vir meter sterf.
Beweer maar stemme is stom en asem
stink, en sê dat ’n sin
bederf voor hy begin.
En tog kan ek nie swyg nie.
Wie siek is, sal yl.
Wie liefhet, sal kwyl.
Daniel Hugo