Bukowski-brief opgeveil

Charles Bukowski

Charles Bukowski

Verlede week is ‘n persoonlike brief wat Charles Bukowski aan sy vriendin en mede-digter, Ann Menebroker, geskryf het vir die allemintige bedrag van 1,500 USD deur die internet-afslaer, ABEBooks, opgeveil. Bukowski, wat in sy latere jare as die “laureate of American lowlife” bekend gestaan het en in sy leeftyd meer as 50 digbundels gepubliseer het, bedien Menebroker in dié brief van raad aangaande haar verhouding met ene Wayne: “Hold yourself together, the glue may arrive to keep you and Wayne going”, skryf hy en nooi haar dan uit om by hom te kom kuier. “We could have some drinks and lounge about and you could stay as long as you wished – although I can’t promise you sex or love or maybe not even understanding”, voeg hy by. “Hold, dear, hold to the fucking walls, and soon you’ll be laughing, you’ll be thinking, how did I ever let it get hold of me like that? All we need is time – to straighten out, feel better, and then make the same mistake all over again.” Hierdie advies word dan opgevolg met ‘n persoonlike bekentenis jeens haar oor die rede waarom hy op daardie tydstip nie juis in ‘n verhouding geïnteresseerd is nie: “I am too emotional, I am too sentimental; when the games begin – the hard games men and women play against each other, I am lost.” (Die volledige berig kan hier op The Guardian se webblad gelees word.)

Nietemin, Charles Bukowski, wat in 1994 op 73-jarige ouderdom oorlede is, se boeke het meestal in klein oplae by ‘n relatief onbekende uitgewer, Black Sparrow Press, verskyn. Vandag geniet Bukowski natuurlik enorme kultus-aanhang en word sy boeke bykans almal deur Ecco Publishers heruitgegee en wêreldwyd versprei.

Hieronder volg een van Bukowski se meer bekende gedigte.

Ten slotte – ons is baie opgewonde om die eerste van ons twee nuwe bloggers te verwelkom, naamlik Johann de Lange. Sy eerste blog-inskrywing getiteld Deur eindes na opnuut begin is pas geplaas. Johann se CV kan gelees word onder die skakel “Blogs” op die hoofbanier. En onthou om Johann se In memoriam: Sheila Cussons te lees wat hier op die webblad onder “Artikels & Lesings” geplaas is enkele weke gelede.

Lekker lees en onthou om te alle tye bewus te bly van die briewe in die skoendoos onder in jou kas.

Mooi bly.

LE

 

For Jane: With All the Love I Had, Which Was Not Enough

 

I pick up the skirt,
I pick up the sparkling beads
in black,
this thing that moved once
around flesh,
and I call God a liar,
I say anything that moved
like that
or knew
my name
could never die
in the common verity of dying,
and I pick
up her lovely
dress,
all her loveliness gone,
and I speak to all the gods,
Jewish gods, Christ-gods,
chips of blinking things,
idols, pills, bread,
fathoms, risks,
knowledgeable surrender,
rats in the gravy of two gone quite mad
without a chance,
hummingbird knowledge, hummingbird chance,
I lean upon this,
I lean on all of this
and I know
her dress upon my arm
but
they will not
give her back to me.

 

(C) Charles Bukowski

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •