In die begin was die woord…

My liefdesverhouding met woorde het oertyd homself al aangemeld – mý oertyd. Nog as tinktinkie in my ma se baarmoeder as sy so oor die boep gevryf het en ‘Blye versekering’ vir die ongeborene gesing het.

Die versameling van mooiste Afrikaanse woorde het egter eers baie onlangs begin, toe Gerrit Rautenbach my gevra het ‘om 50 woorde vir Mooiloop te skryf’.

Ek het sy versoek letterlik uitgevoer, en 50 van die mooiste woorde gaan sit en bedink vir die bejammeringswaardige sluitings-uitgawe van een van die lekkerste koptydskrifte in ‘n lang tyd. (Don’t get met started…)

Die bedoeling was dat elkeen van daardie 50 woorde ’n omgewing, ‘n reis, ‘n gevoel oor die idee van reis, moes opwek.  

Mooiloop se woorde het so gelyk:

aarde afrika speels groenigheid dageraad tentklap lag mooi week draai familie rivier sokkies dal droomtyd roete behae perske wang deernis  wandelaar oogknip orion karmosyn padlangs ruggelings dusketyd sawens woestyn geestig stillerig sagkens jagter gevoelvol trippel borrel brood nuanse wonder smul kraakvars koffiepit kraal spanspek regtig aandwydte lafenis hartlik granaat siel

 

Die trick is om elke woord op sy eie en in sy enigheid vir jouself te sê, jou oë toe te maak en die woord op jou tong te voel. En te dink aan wat die klank wakker maak…

 Woorde roep die aarde tot betekenis.

 Hulle verlei, hulle verlig, hulle maak vol.

 Woorde verloor en woorde wen.

  

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •