Andries Bezuidenhout. Country in Afrikaans?

Ek luister op die oomblik na Calexico, ʼn band van Tucson, Arizona. Die kreatiewe spilpunt van die band is Joey Burns en John Convertino. Die res wissel voortdurend. Hulle kombineer verskillende vorme van folkmusiek met jazz, maar spesifiek die tradisies van Noord-Amerikaanse country en mariachi. Hulle toer op die oomblik in Europa.

Gaan luister gerus “Ballad of Cable Hogue” op Youtube. Hulle sing dit saam met Marianne Dissard. Die titel verwys na ʼn klassieke western fliek, maar die storie in die liriek is heel anders as die fliek s’n.

Ballad of Cable Hogue – Calexico

I live out yonder where the snakes and scorpions run
got myself a little goldmine to bank on
one day my heart sank when I saw Madame in town
I knew her love would be the death of mine
L’amour passé, l’amour obsolète.
Pourquoi perdre sa vie à chercher l’or d’un coeur?
Je ne me noierai pas dans ce désert mystique.
Je ferme mes comptes et je repars.

(Love is passe and love is obsolete
some spend their whole lives searching for a heart of gold
I’m tired of treading water in this desert mystique
I’m cashing in my chips before I ride)

Do me a favor while I’m hanging here
Take this gold and go and hide
ne gigote pas chéri sur ta corde pendue
(Don’t twist too hard darlin’ on your hangin’ rope)
Don’t worry I’ll be free in no time.

She promised me she would be there when I’d return
she didn’t say she’d have a army there as well
she whispered, “J’taime Baby,” as she fired that gun at me.
mais je n’ai plus de temps
(It’s getting late and I’m running out of time)

I should’ve stayed way out yonder better off with the
scorpions and snakes
Every act which has no heart will be found out in the end
Yes I’m a little late this time,
cause her love would be the death of mine,
mine, all mine

Ek hou van die kombinasie van suidelike Amerikaanse Engels en die Frans, waarvan ek seker ʼn aantal subtiliteite mis. Die vertalings van die gedeeltes wat Marianne Dissard sing het ek maar saam met die liriek op die internet gevind. Noord-Amerikaanse Frans (in Kanada, sowel as die Cajun weergawe) maak blykbaar ruim van diftonge gebruik, terwyl Europese Frans dit nie doen nie. Maar laat ek nou nie verder opinies lug oor dinge waarvan ek niks weet nie.

ʼn Deel van countrymusiek is die kenmerkende uitspraak waarmee dit gesing word. Ware countrysangers moet die woord “yonder” met daardie regte Amerikaanse drawl kan sê. Met Afrikaanse country is dit anders, want ons het nie ʼn woord soos “yonder” nie. Dit maak Afrikaanse country besonder vals. Aan die ander kant is daar tog wel ʼn plaaslike tradisie opgebou – musikaal, sowel as in uitspraak. Die toets vir Afrikaanse country sangers is of hulle die woord “duiwel” soos die Briels kan uitspreek – die “d” moet amper soos ʼn “t” klink en die “ui” amper soos ʼn “ei” – “teeeeiiiiiiwel”.

NS. Hier is ‘n mooi live weergawe wat by die Barbican in Londen opgeneem is.

 

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •