Simon Vinkenoog Sondag oorlede

Simon Vinkenoog

Simon Vinkenoog (1928-2009)

Hartseer nuus vanoggend is dat Simon Vinkenoog vroeg Sondagoggend oorlede is. Op 22 Junie het Nuuswekker nog hier berig dat Vinkenoog aan die Felix Poësiefees te Antwerpen moes onttrek vanweë die feit dat hy gehospitaliseer moes word vir ‘n dringende been-amputasie. Verlede Vrydag is hy in Amsterdam weer na die hospitaal gehaas weens bloeding op die brein. Volgens die dokters was die enigste breinfunksies wat op daardie stadim nog bestaan het, dié van asemhaling en hartslag. Hulle het Edith Ringnalda, Vinkenoog se eggenoot, meegedeel dat daar géén kans bestaan vir Vinkenoog om van die bloeding en die gepaargaande koma te herstel nie. Die asemhalingsmasjiene is toe afgeskakel. Volgens Ringnalda het hy in die teenwoordigeid van vriende en familie “een goed uiteinde beleefd”. Vinkenoog, wat op 18 Julie sy een-en-tagtigste verjaarsdag sou vier, sal nou op dié dag in die St. Barbara-begraafplaas in Amsterdam begrawe word. (Die volledige berig oor sy hospitalisering kan hier gelees word en die berig oor sy dood hier.)

Simon Vinkenoog, wat by verskeie geleenthede op besoek was in Suid-Afrika, sal deur almal wat die voorreg gehad het om hom te ontmoet – myself inkluis – onthou word as ‘n sagsprekende, empatiese mens. Gewis is die wêreld van die digkuns véél armer vanweë sy afsterwe.

Hieronder, as toegif vanoggend, ‘n ietwat ongewone vers uit sy oeuvre.

Mag jy droog bly in hierdie tye en jou verstand helder.

Geniet die week!

LE

 

DICHTER ONDERWEG

Herneem, o woord, uw hoge vlucht
de tijd wacht al een eeuwigheid.
Auto’s roesten, stormen razen
en de huiselijke haard wordt bedreigd.

Hoor toe, o klank, onder uw voeten
het ritme van wielen op de rails,
met in uw geheugen de eigen stappen
op duizenden kilometers aardoppervlak.

O kom, geduld, laat uw ogen genieten
van het landschap dat zich uitspreidt
tussen stations en oases; enkele reis
hemel-op-aarde mensenrijk.

Behoud, o woord, uw kracht
als het water om uw voeten wast –
het werk is aan de werkelijkheid,
het leven neemt zichzelf ter harte.

(voor Guillaume van der Graft)

 

© Simon Vinkenoog, 2000
Uit: De ware Adam – gedichten rond de eeuwwisseling, Passage, Groningen, 2000

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •