Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 July 200914 July 2009

‘n Nuwe prys vir die Britse digkuns

Carol Ann Duffy in Buckingham Palace
Carol Ann Duffy in Buckingham Palace

Carol Ann Duffy, die Britse poet laureate, het pas nadat sy op besoek was by die Britse Koningshuis, aangekondig dat sy haar jaarlikse toelaag van £5,750 as ‘n prys gaan aanwend. Dié prys, wat as die Ted Hughes Award bekend sal staan, sal jaarliks toegeken word aan die digter wat die mees opwindende bydrae tot die digkuns gelewer het in die betrokke jaar; in welke sub-genrè ook al. Haar motivering vir dié ongewone stap vloei voort uit ‘n uitspraak wat sy kort na haar aanstelling as laureate in Mei-maand gemaak het: “I didn’t want to take on what basically is an honour on behalf of other poets and complicate it with money. I thought it was better to give it back to poetry.” Die Poetry Society sal digters nomineer waaruit die wenner aangewys sal word deur ‘n paneel van drie beoordelaars. Duffy sal dié paneel saamstel. Volgens Judith Palmer, hoofdirekteur van die Poetry Society sal die eerste wenner in Maart 2010 aangekondig word. “It’s been great fun devising this exciting new initiative with her (Duffy), which we believe will make a significant impact in raising awareness of the range and vitality of contemporary poetry,” het Palmer gesê. Die reaksie van Duffy se kollegas was uiteraard deurgaans positief: “”Surely this is the prize many have been waiting for,” het Moniza Alvi byvoorbeeld gesê. “Its width is wonderful: it sheds light on areas of poetry which are so deserving of general recognition, for example, poetry books published for children and works in translation.” (Die volledige berig kan hier op The Guardian se webblad gelees word.)

Ten slotte, plaaslike nuus. Die Volksblad Kunstefees vind van vandag tot Sondag in Bloemfontein plaas en daar is sommer heelwat interessante woordprogramme op die spyskaart. So is een daarvan die Allooi-kunsprojek waaroor Bernard Odendaal op sy blog skryf. En dan móét jy eenvoudig sy sms-haikoes lees wat in sy gedigtekamer geplaas is. Nog ‘n besonderse item is die bekendstelling môremiddag van die Nuwe Kinderverseboek waarby Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh betrokke is. Voorspoed ook aan al die ander digters wat aan hierdie fees meedoen.

Dan moet jy ook onthou om vanaand om 22h00 na Margot Luyt se program Vers & klank te luister. Dolf van Niekerk is haar gas en hy gaan verse voorlees uit Lang reis na Ithaka wat onlangs verskyn het (2009: Protea Boekhuis). Die van julle wat hom al hoor voorlees het, weet watter meester hy is met voorlesings … Beslis iets om na uit te sien. (Terloops, indien jy nog nie vir Dolf van Niekerk hoor voorlees het nie, kan jy na die videogreep hier op sy webblad gaan luister.)

Laat jou paaie gelyk wees vandag en mag die son nie éénkeer in jou oë skyn nie.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Carol Ann Duffy se eerste amptelike vers
Carol Ann Duffy se kersfeesvers →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d