Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 July 2009

Staatshulp en sulke dinge …

 

Toon Tellegen
Toon Tellegen

Die Nederlands Literair Productie- en Vertalingenfonds het pas bekend gemaak dat die Britse Arts Council 35,000 euro bewillig het ter bevordering van die Nederlandse letterkunde in Groot Brittanje. Dit is die grootste bedrag wat nog ooit vir ’n projek van hierdie aard toegestaan is. Volgens die NLPVF is hierdie buitengewone toekenning volkome geregverdig aangesien soveel soos 5 persent van die Britse boekmark bestaan uit vertaalde Nederlandse tekste. Die projek sal van Augustus vanjaar tot Junie 2010 duur en ’n hele aantal Nederlandse skrywers betrek wat op deurlopende basis by die Britse literêre feeste betrek sal word. Verdermeer sal hulle op gereelde basis besoek bring aan leeskringe en biblioteke . Volgens De Papieren Man is die skrywers wat op dié tydstip betrek word, Tommy Wieringa, Joris Luyendijk, Arnon Grunberg, Geert Mak, Frank Westerman, Cynthia McLeod, Toon Tellegen en Otto de Kat. ’n Mens kan maar net hande klap vir ’n inisiatief van hierdie aard; wat my egter hinder, is die feit dat daar net één digter (Toon Tellegen) te bespeur is onder dié groepie uitverkorenes. En dan wonder ek oor presies wat die kulturele samewerkingsooreenkomste wat ons met bykans al die vernaamste lande ter wêreld het, behels … Ek meen, ons hét immers ‘n ministerie vir Kultuursake, maar ek het nog nooit gehoor of gelees van fondse wat bewillig word vir die bevordering van Suid-Afrikaanse letterkunde in ander lande nie. Wat dóén hulle met die geld wat elke jaar aan hulle bewillig word?!

As toegif hieronder een van Toon Tellegen se kinderverse. En mag al jou vraagtekens hierdie naweek in uitroeptekens verander. Nuuswekker hervat weer Maandag.
Mooi bly.

LE

 

De rivier is bevroren

De rivier is bevroren op een vaargeul na,
en ver weg schaatst mijn broer
die op mij passen zou.
De lucht is grijs en dicht,
twee eenden zitten in de sneeuw
en lopen voor mij weg.
Ik moet nu eindelijk eens weten of ik verdrinken kan.
Een palingvisser ziet mij gaan
en komt op tijd
of net te vroeg.
Als iedereen weer slaapt roep ik zó hard
dat niemand er wakker van worden zal:
ik wist het wel. Ik wist het wel.

(c) Toon Tellegen

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Erik Lindner. Vechten met een engel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d