Volgens The Guardian het Cambridge Universiteit begin met ‘n £1.25 miljoen fondsinsameling ten einde Siegfried Sassoon se argief aan te kan koop. Dié versameling, wat sedert Sassoon se dood deur sy seun, George, in bewaring gehou is, bestaan uit dagboeke, sketse van gedigte, tekeninge en foto’s, asook aantekeningboeke wat nog modderbevlek is en met kerswasspatsels vanweë Sassoon se dienstyd in die loopgrawe tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die belangrikste item in dié versameling is sekerlik Sassoon se opspraakwekkende A Soldier’s declaration wat by geleentheid in die Britse parlement voorgelees is en beskryf is as “an act of wilful defiance of military authority because he believed that the war was being deliberately prolonged by those who have the power to end it”. Nadat Sassoon geweier het om na die loopgrawe terug te keer, het hy vervolging en teregstelling weens hoogverraad vrygespring deur hom in Craiglockhart, ‘n tehuis vir sielsiekes, te laat opneem. Lees gerus Pat Barker se wonderlike roman Regeneration (1991: Viking Press) wat juis oor hierdie gebeure handel.)
Nietemin, Cambridge se inisiatief word gerugsteun deur onder andere Sir Andrew Motion, die voormalige poet laureate; Sebastian Faulks, skrywer van die bekende roman Birdsong; sowel as die historikus Richard Holmes, wat na Sassoon verwys het as “a figure of towering importance … There are moments when his eye is so penetrating that his accounts are primary sources of first-rank historical importance.” Die volledige berig kan hier op The Guardian se webblad gelees word. (Lees veral die gedeeltes oor Sassoon se vriendskap met die Britse krieketspeler, Dennis Silk, wat besonder insiggewend is ten opsigte van Sassoon se menslikheid.)
Hieronder volg ‘n ongepubliseerde vers van Siegfried Sassoon wat op 10 Augstus 1918 geskryf is.
Ten slotte – onthou om vanaand om 22:00 op RSG na Vers & Klank te luister wanneer Daniel Hugo gedigte uit Piet van Rooyen se bundel Kwansuis gaan voorlees.
Mooi bly.
LE
Can I forget…
Can I forget the voice of one who cried
For me to save him, save him, as he died:
I will remember you; and from your wrongs
Shall rise the power and poignance of my songs;
And this shall comfort me until the end,
That I have been your captain and your friend