Bernard Odendaal. Meer oor ALLOOI

Ek het ’n vorige keer beloof om visuele materiaal te verskaf oor die uitstalling “ALLOOI van woord en beeld” wat van 14-19 Julie tydens die Volksblad-kunstefees in die foyer van die Scaena-teater op die UV-kampus te sien was.

Een en ander wys ek hier, en miskien ’n bietjie meer in ’n volgende blogbydrae.

Oor my en Ben Botma se selfoonbeeld- en –teksinstallasie “Vlugskrifte uit ’n onverklaarde burgeroorlog” het ek die vorige keer vertel. Foto’s van enkele van die pare selfone wat op ’n paneel aangebring is, volg ondertoe.

Ben het telkens een van die haikoes wat ek na aanleiding van Volksblad-berigte oor voorvalle van uiterste geweldpleging geskryf het, as ’n sms op ’n selfoon getik, dit toe presies volgens skaal gereproduseer via “photoshop” op sy rekenaar, en ’n uitdruk in die venstertjie van ’n “dooie” of fopselfoon gemonteer. Verder het hy selfoonfoto’s geneem van plekke of dinge wat telkens op een of ander manier verband hou met die voorvalle wat in die betrokke Volksblad-berigte beskryf word. Dié foto’s is dan op dieselfde wyse gemanipuleer en gereproduseer, in fopselfoonvenstertjies gemonteer en telkens op die paneel naas die ooreenstemmende haikoe-selfoon aangebring.

 

 

Die haikoe hierbo lees: “lyk na j gvind / duikrs in ’n puttoilet / brokkies been ’n kind”. Die foto is van Spitskop buite Bloemfontein, die omgewing waar die voorval plaasgevind het waarin ’n jong seun (waarskynlik vir muti-doeleindes) vermoor, en sy lyk toe in ’n puttoilet gegooi is. Na langdurige speurwerk het polisieduikers ’n jaar later die grusame taak gehad om die enkele half-verteerde oorblyfsels van die lyk uit die puttoilet te duik.

 

Hierbo is ’n nabyfoto van nog ’n selfoonpaar op die paneel. (Jammer, ek is nog lomp met die plaas van visuele materiaal!) “ouma slat klynkind / toe sy hoenrboud uit pot / gaps mt kiri pap,” lui die haikoe. Die honger kleinkind was iets soos 5 jaar oud. ’n Swart driepootpot verskyn op die foto. Daar sou die aand waarskynlik pap en hoender geëet gewees het.

Diewe het twee keer op die ALLOOI-uitstalling toegeslaan en, soos Ben dit aan ’n verslaggewer van Volksblad gestel het, op ironiese wyse my en sy uitstalwerk oor die gebrekkige moraliteit in ons samelewing “voltooi”, of prakties gedemonstreer. Die grootskermmonitor waarop Diek Grobler se animasies van twee gedigte deur Danie Marais vertoon is, is een oggend vroeg weggedra deur “karweiers” – terwyl skoonmakers in die lokaal doenig was!

Voorts het Ben klaarblyklik die fopselfone so oortuigend bewerk dat rowers hulle vir eg aangesien het. Drie van die “nuwer” selfoonmodelle is gesteel. 

Die Vlaamse digter Luuk Gruwez het in Mei vanjaar, na aanleiding van die volgende skildery (uit die versameling van die Suid-Arikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns), onderstaande roerende gedig geskryf. Ek het hom vooraf van ’n digitale foto van die skildery, asook van inligting oor Maud Sumner en die skildery voorsien.

 

 

 Brief naar nergens

 

Wat een rotzooi, mijn leven, wat een wezenloze rommel!

Hoeveel onvergetelijks moet ik nog leren op te geven?

Geen lijnen krijg je hier te zien, maar wazige contouren.

Alles rondom mij verdampt. Er is natuur, domweg

 

geknecht in vazen of onaanraakbaar achter het raam

waar naar het schijnt iets als een wereld begint.

Kijk, zoveel boven drukt nu op mijn lijf dat ik wegzink,

geplet word, bijna verdwijn onder mijn tafelblad.

 

Dat interieur van me? Pas ik daar echt wel in? Met heel

mijzelf? Ik met die kleur van me die niet graag accordeert,

ik zit daar niettemin mooi midden in, ofschoon – dat ziet u niet –

ik mij gekneveld weet in een bigot en protserig korset.

 

Kabaal is het wat binnen in mij heerst. Of nee: intimiteit.

Wie zal het zeggen? Wie kent vandaag de dag nog het verschil

tussen wat fezelt en wat schreeuwt? In elk geval: ik ben Maria

kwijt en dit is wat mij kwelt. De rest is van geen tel.

 

Maria was mijn sjaal, mijn zus, mijn ziel, mijn Londen en Parijs.

Zij was mijn pop, mijn god, mijn canvas en nog zoveel meer.

Ik wil niet aflaten haar, waar zij ook mag zijn, te schrijven.

Maar het is laat. De lucht kleurt paars. En niemand weet waarheen.         

 

Bij Vrou bij lessenaar, schilderij van Maud Sumner (1902-1985). De Maria van wie sprake in dit gedicht is, is Maria Blanchard, de Spaanse hartsvriendin en collega van de schilderes, met wie zij in Parijs een huis deelde tot zij in 1932 stierf. Haar dood betekende voor Maud Sumner een haast onoverkomelijke klap.

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •