Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 July 2009

Kortlys vir Forward-poësieprys bekend

Don Paterson
Don Paterson

Die organiseerders van die Forward Prize for Poetry,  een van Brittanje se mees gesogte literêre pryse, het pas hul kortlys vir vanjaar bekend gemaak. Die inskrywings word in drie kategorieë beoordeel: vir die beste digbundel, die beste debuut en die beste gedig. Vir eersgenoemde kategorie is 109 inskrywings ontvang, met 57 en 120 inskrywings vir die daaropvolgende kategorieë onderskeidelik. Dit is egter veral die “beste digbundel-kategorie”, met sy prysgeld van £10,000, wat die mense opgewonde maak, want op die kortlys van 6 digters verskyn daar ou gunstelinge soos Don Paterson (vir sy bundel Rain, wat later vanjaar verskyn), Peter Porter, ‘n vorige wenner, en Christopher Reid, met ‘n bundel intens-persoonlike verse oor die onlangse dood van sy vrou Lucinda.

 Josephine Hart, voorsitter van die paneel beoordelaars, het haar soos volg oor die groeiende getal inskrywings uitgelaat: “Poetry is language at its best, the highest literary art form, and increasingly people are turning in these challenging times to a place they can find wisdom and beauty and without wanting to sound too pious – truth. That’s young people and old.” Die wenners sal tydens ‘n spesiale geleentheid op 7 Oktober bekendgemaak word. (Lees die volledige berig hier.)

Ten slotte – gedurende die naweek is daar sommer ‘n hele aantal interessante (en belangrike!) stukke op die webblad geplaas. Afgesien van die onderhoud met Miriam Van hee, wat hier geplaas is, moet jy ook Johann de Lange se nuwe blog-inskrywing, Vertaling as kleedrepetisie, lees. Hiermee heraktiveer Johann natuurlik ‘n gesprek wat vroeër op dié webblad gevoer is. Daarom, indien dié onderwerp jou interesseer en jy dalk van die vroeëre stukke gemis het, kan jy gerus weer by veral Bernard Odendaal en Daniel Hugo se blogs gaan inloer. Ook Carina Stander het hieroor geskryf. En dan het Charl-Pierre Naudé daad by woord gevoeg en niemand minder nie as Breyten Breytenbach gekry om as gas-blogger ‘n stuk oor die (gewaande) teenstelling provinsie/metropool te skryf. Pure leesplesier. So is ook Carina Stander se nuwe blog oor gesellige saamwees …

Lekker lees en mag hierdie week vir jou ‘n bak vreugde wees.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Don Paterson wen die Forward-prys →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d