Philip de Vos. Philip de Vos se blog

Philip de Vos

Philip de Vos

Philip de Vos is ’n oud-onderwyser, operasanger, fotograaf en versiemaker. Sy foto’s van boekmense is landwyd uitgestal en verskyn op die CD-Rom Verswêreld. Hy is veral bekend vir sy lawwe verse en limericke en het sedert 1984 twintig boeke en verskeie rymvertalings gepubliseer. Mallemeuleman [2004] bevat ’n keur van meer as 300 van sy versies. Sy eie Engelse weergawe van die Karnaval van die Diere het in die VSA verskyn asook in vertaalde vorm in Italië, Duitsland en Nederland. Hy het ook reeds hierdie verse saam met simfonieorkeste voorgedra. Veertien komponiste het van sy werk getoonset en sy CD Brommer in die Sop, waarop hy die Albie Louw-toonsettings van sy versies sing, is in 1998 vrygestel.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •