In die modewêreld hoor ‘n mens vry algemeen die opmerking dat indien jy ‘n modegier lank genoeg bly navolg, dit uiteindelik weer hóógmode sal word; soos byvoorbeeld die mini-romp se terugkeer tans na hóéveel dekades … Dit wil my voorkom asof dié tendens ook vir die letterkunde, en meer spesifiek die digkuns geld. Soos het die digter-akademikus, Dale Smith, van die Universiteit Texas in Austen ‘n hele beweging van stapel gestuur wat hy Slow poetry noem. Dit is na analogie van die slow food beweging in die tagtigerjare wat in Italië as verset teen die toenemende fast food-kultuur gemik was. Slow food het dan kultuur-gebaseerde geregte, met gesonde plaaslik-geproduseerde vrugte, kase, wyn en groentes as basis. Smith maak dié benadering van toepassing op die digkuns. “While conceptual poetry and flarf provide contemporary approaches to poetry, it seems that more radical uses of the poem could be theorized,” het Smith se benadering einde verlede jaar aangekondig. “The slow food and slow biking movements offer possible models. By turning away from innovations that increase the speed of production, poets could rediscover valuable skills from older methods. Pace in this slow poetry sense becomes a greater concern. Value could be placed on the withholding of vital details and the slow release of vivid particulars within rhetorical situations driven by a desire to disclose new knowledge. Such disclosures of knowledge, feeling, and perceptions help expand capacities for living in contemporary cultures, empowering potential agents for other forms of disruptive acts. Poetry, if concentrated on plausible conjectures of reality, can help transform other conjectural definitions of it.” ‘n Volledige berig oor dié nuwe tendens is hier op The Buffalo News se webblad te lees. ‘n Webblad, met die naam Slow poetry – An introduction is hier te vind. Gaan lees gerus Dale Smith se volledige betoog. Veral die slotsin lewer interessante kommentaar op ons situasie hier ter plaatse: ” … , it is the position of Slow Poetry that we must learn to once again inhabit the local, and to abide by its claims, if we are to avert catastrophe.”
Waarom dié onderwerp vanoggend as Nuuswekker betrek? Wel, omrede ons digkuns eintlik nog nooit werklik die era van fast poetry betree het nie. Die sogenaamde performance poetry en gepaardgaande bewegings soos Flarf en konseptuale digkuns was nooit régtig deel van ons spyskaart nie. Die debat rondom toeganklike en/of hermetiese verse, asook die tema wat Charl-Pierre Naudé aan sy gas-blogggers voorgestel het, hou alles hiermee verband. Waar ons tans besig is om na oorsese modelle te kyk vir “vernuwing” is die teenreaksie reeds aan die uitbroei aan daardie kant, lyk dit my. Ons moet net geduldig wees: Binne enkele jare is ons enigsins “verouderde” digpatrone weer hoogmode!
Ten slotte, nog ‘n aanhaling uit Dale Smith se betoog: “If Flarf and conceptual poetry perform a kind of critique of information culture that is focused in its excesses and feeds off of them, Slow Poetry aims to be nothing less than a reinvention of how poetry is read and written in a post-consumer culture. If Flarf sets its sights low and relishes in its degradations, Slow Poetry aims to reclaim small, integral parts of the world.”
Mmm, laat my nogals dink aan iets wat my Ouma altyd gesê het: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.
Kyk om jou heen vandag en neem dinge rustig. Of dalk in Engels? Go with the slow! En onthou om vanaand om 22:00 op RSG te luister na Vers & Klank. Ronelda Kamfer lees dan van haar gedigte voor.
Mooi bly.
LE