Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 August 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Die vergete dr. Z.J. Pretorius

Mnr. P. (Boer) Odendaal, my Afrikaans-onderwyser in st. 5 op Harrismith, was ‘n groot man en het die dissipline in sy klas met ‘n ysterhand toegepas. Sy klasse kon egter ook vol pret wees as sy aandag afgelei is en een of twee van die kinders het dit redelik gereeld reggekry. Veral Karen Lotter was ‘n meester om met hom in “gesprek” te tree.

Ek onthou een so ‘n gesprek. Ons sou besoek van die inspektoraat op Bethlehem ontvang en mnr. Odendaal het ons gewaarsku om ons goed voor te berei omdat een van die inspekteurs, dr. Z.J. Pretorius, moontlik ook by ons gaan inloer. Dr. Pretorius, het mnr. Odendaal vertel, het sy doktorsgraad met ‘n proefskrif oor een of ander gedig verwerf.

Karen het opgespring en verbaas gevra: “Meneer, het hy sy doktorsgraad oor één gedig gekry?”

“Ja, één gedig.”

“Kan ‘n mens ‘n doktorsgraad vir een gedig kry?”

“Natuurlik kan ‘n mens ‘n doktorsgraad vir een gedig kry as jy jou proefskrif oor een gedig geskryf het!”

Karen het hom in ongeloof aangekyk en iets in die boekie gekrabbel waarin sy mnr. Odendaal se “sêgoed” opgeteken het. Die volgende dag het sy kom vertel haar ma sê ‘n mens kan nie ‘n doktorsgraad kry as jy oor net een gedig geskryf het nie. ‘n Mens moet véél meer as dit doen. Karen se pa en ma het Havenga’s Boekwinkel op die dorp besit en haar ma het vir Harrismith Chronicle berigte geskryf. Sý moes tog weet. Dat die stilistiek op linguistiese grondslag (ook genoem die “situasionele struktuurleer” en die “fenomenologie van taalgebruik”) inderdaad gedurende die 1950’s proefskrifte soos dié van Merwe Scholtz en Elize Botha opgelewer het waarin enkele ondersoekers telkens net een gedig behandel het, het Karen se ma klaarblyklik nie geweet nie.

Pretorius, het ek later vasgestel, het sy doktorsgraad in 1949 aan die Universiteit van Stellenbosch met ‘n proefskrif oor die werklikheidsbelewing by enkele Afrikaanse digters verwerf. Dit lyk dus nie of hy deur W. Gs. Hellinga en Scholtz se stilistiek op linguistiese grondslag beїnvloed is nie.

Toe ek verlede maand tydens die Volksblad-kunstefees aan dr. J.F. Stemmet, ‘n voormalige Direkteur van Onderwys in die Vrystaat, vra of hy dr. Pretorius onthou, was sy onmiddellike antwoord: “Dr. Zac Pretorius was ‘n knap vakkundige, maar is reeds oorlede.” (Dr. Stemmet se seun, Jan-At, het kort vantevore ‘n briljante en inspirerende rede by die bekendstelling van M.C.E. van Schoor se Marthinus Theunis Steyn: Regsman, staatsman en volksman gelewer.)

Mnr. Odendaal het sedertdien spoorloos verdwyn en dr. Pretorius se bydrae is in die Afrikaanse literatuurgeskiedenisse so te sê vergete (hy was onder meer ‘n redaksielid van Tydskrif vir Letterkunde en van sy letterkundige opstelle lê versprei oor ‘n aantal tydskrifte).

Ek vind dit jammer dat ons letterkunde so vergeetagtig is.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Wilhelm Knobel van Bethlehem
Johann Lodewyk Marais. Die berge se geheue →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne
  • Jakes Möller. Vergesig
  • Jacques Boshoff. Skoonmaakdag
  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  2. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  3. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  4. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  5. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d