Philip de Vos. ‘n ster kinekor-bekering

Dit het nie met my op pad na Damaskus toe gebeur met weerligstrale en kruitdampe nie. Nee, dit was alles heel stigtelik in ‘n Ster Kinekor- kompleks waar ek omring was deur die reuk van popcorn en surround sound.

Die jaar 1995.

Die film Babe – die pratende varkie.

En toe hoor ek die woorde wat my vir ewig en altyd van ‘n goeie mens na ‘n nog beter mens sou verander.

 

CAT: You know why pigs are here?

BABE: Why are any of us here?

CAT: Well, the cow is here to be milked, the dogs are here to help the boss, and I am here to be beautiful and affectionate to the boss and his wife.

BABE: Yes?

CAT: And for your own sake, I’ll be blunt. Why do the Bosses keep ducks? To eat them. And why do bosses keep a pig? The bosses have to eat. It’s probably the most noble purpose of all, if you think of it.

 

Van daardie dag het ek nooit weer vleis geëet nie. Dit was letterlik klaar met kees, en vlees, én bees en alles wat lewe en asemhaal en wat op die sesde dag geskape is.

Maar ek sal nooit-ooit iemand probeer oorreed om vegetaries te word nie. Daarvoor is ek darem te subtiel en ordentlik.

Waarom sou ek hulle die volgende aanhaling wil laat lees oor wat T.Casey Brennan oor die doodmaak van diere skryf?

 

“Poor animals! How jealously they guard their pathetic bodies … that which to us is merely an evening’s meal, to them it is life itself.”

 

 

Nee, so onopgevoed is ek darem nie. Laat elkeen eet wat hy wil.

Ek doen dinge op ‘n slim manier. Ek skryf rympies wat baie maklik is vir die kinders om op te sê en hulle hopelik ‘n bietjie sal brain-wash. En as ek gelukkig, is gaan Nando’s uiteindelik as gevolg van my volgende versie hulle deure moet sluit:

 

DIE DANS VAN DIE KUIKENS

Elke kuiken in sy dop

hou van tiekiedraai en bop;

en daarna volg die menuet –

Alle kuikentjies het pret.

Hulle toyi-toyi en hul wals

en die lekkerste van als

is daai can-can in die dop

as hul met hul pootjies skop.

Maar –

op ‘n dag, ja, op ‘n dag

kom ander goed wat op hul wag,

want dán kom smart en ongeluk

as hul ‘n pad na buite pik.

Ai, kuiken, liewe kuikentjie

kruip liewers in jou dop in,

want eendag net na hoenderkraai

land jy dalk in die sop in.

 

En die Fish Basket-restaurante sal ook vir ewig en altyd moet toemaak, want kinders met sulke goeie harte soos myne sal hierdie Engelse versie van my opsê en uiteindelik ter harte neem.

Baie dankie, Babe!

 

A SAD SARDINE SONG

On Monday aftenoon

at five

the blue Atlantic

came alive

with

50 000

frisky fishes

doomed

as fancy

fishy dishes.

Such is life.

Oh, what a fate:

to end

with parsley

on a plate.

 

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •