Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 August 200917 August 2009

Gus Ferguson vereer deur SA English Academy

Gus Ferguson & Barbara Basel
Gus Ferguson & Barbara Basel

Dit is met volslae genoegdoening dat ek op Book Southern Africa se webblad lees dat die SA English Academy Gus Ferguson vereer het met hul hoogste toekenning vir sy bydrae tot die handhawing en bevording van Engelse poësie in Suid-Afrika. Was daar al ooit ’n meer verdienstelike ontvanger van ’n toekenning as juis Gus Ferguson?! Hierdie selfverklaarde “president of the Snail Liberation Army” het met sy vele publikasies en inisiatiewe reeds aan honderde digters ’n heenkome gebied. Van sy publikasies sluit die tydskrifte SlugNews en Carapace/Karapaks in, asook uitgewerye soos Snailpress, Firfield Press, Carapace Poets en die Unpublished Manuscript Press, wat hy alles vanuit sy huis in Plumstead bedryf het. Die afgelope jare was Gus ook betrokke by handelsmerke van Kwela en Umuzi-uitgewers.

Barbara Basel, wat die goue medalje aan Gus Ferguson oorhandig het, het onder andere die volgende te sê gehad: “Publishing poetry is not a lucrative business, (yet) Ferguson serves for reasons other than the hope of gain. Without his inspirational contribution, South African poetry in English and South African poets would not be where they are today”. Drie digters het ook tydens dié geleentheid verse ter ere van Gus voorgelees, te wete Hugh Hodge, Geoffrey Haresnape en Ken Barris. En, eie aan Gus, het hy sy dankwoord met ’n tipiese Ferguson-vonkel ingelei: “When Robert Graves was asked whether there was any money in poetry, he replied, ‘No, but there’s not much poetry in money either.'”

Ook ons salueer hierdie besonderse mens met dank vir wat hy as Engelssprekende selfs vir die Afrikaanse digkuns doen. Mag jou geliefde slakke nooit uitdroog of verlore raak nie, Gus!

As toegif vanoggend, een van Gus Ferguson se spotprente hieronder. En mag die melancholie hierdie week jou getroue bondgenoot wees … (Dit help glo met die maak van gedigte!)

Mooi bly.

LE

Melancholic
Melancholic

(c) Gus Ferguson

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Louis Esterhuizen. Snykant van die spotprent →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB
  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d