Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 August 200918 August 2009

Wanneer gewete die oorhand kry …

Iris Chadwick
Iris Chadwick

Indien jy, soos ek, ‘n bra onverantwoordelike dog entoesiastiese uitlener van boeke is, net om maande later te probeer onthou aan wie jy nou eintlik watter boek geleen het, is daar vanoggend ten minste hoopvolle nuus vir ons. ‘n Vrou in Engeland het naamlik na 70 jaar ‘n boek wat sy as dertienjarige meisie by die Cubitt Town Library, Tower Hamlets, uitgeneem het, terugbesorg. Iris Chadwick, wat nou 83 jaar oud is, het die bladmusiek van die blyspel Rose Marie kort voor die aanvang van die Tweede Wêreld-oorlog in 1939 uitgeneem en dit nou eers op die vooraand van haar verhuising na Dorset terugeneem na die Biblioteek. “I was going to take it to the charity shop,” het sy gesê, “but thought it still belongs to the library so perhaps I should check.” Op die vraag hoekom sy so lank die boek in haar besit gehou het, het sy soos volg geantwoord: “I’ve hung on to the book for so long because it was part of my childhood. It brings back memories of the teacher who caught me playing the piano and instead of telling me off, told me to go to the library and borrow the music.”

Gelukkig vir haar het die biblioteek-owerstes haar van enige boetes vrygestel, want indien die heersende boete van daardie jare vir laat terugbesorgings (10 pennies per dag) steeds van krag was, was sy die magtige somtotaal van £2,500 aan die biblioteek verskuldig. (Lees die volledige storie hier.)

Wys jou net: die hoop op eerbaarheid laat hom nooit as te nimmer beskaam nie. En die persoon wat my kopie van Jetwa die buffelbul in 1966 uit my skooltas verwyder het, kan dit nou maar gerus terugbesorg. Dis nie meer snaaks nie.

So, gaan vroetel ‘n bietjie deur jou boekrakke en kry dié skuldgevoelens van jou gemoed af.

Dan het Daniel Hugo na aanleiding van gister se Nuuswekker die onderstaande kwatryn vir Gus Ferguson gstuur.

Lekker lees aan alles en mag jou dag sonder belemmering wees.

Mooi bly.

LE

Swerwer  (vir Gus Ferguson)

 

Ek is oral tuis, sê Isak

met ’n sleeptong soos ’n slak.

Waar ek gaan, is my huis.

Hierdie dop is my dak.

 

(c) Daniel Hugo

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d