Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 August 200921 August 2009

Nee! Plagiaat in tronke?! Kan nie wees nie.

Tronkvoëlverse
Gedigte agter tralies

Ai, hoe dikwels gebeur dit tog nie dat iemand ‘n goeie idee het en dan ontspoor dit nie? So het die Britse Gevangenisdiens dit goedgedink om ‘n gedigteblad in hul interne publikasie, Inside Time, te skep met ‘n £25 prysgeld vir die beste gedig wat elke maand ontvang word. Spoedig het dié onderneming alle verwagting oortref. Lucy Forde, samsteller van die poësieblad, het aan The Telegraph se verslaggewer gesê dat hulle sowat 3,000 gedigte binne ‘n jaar vir plasing ontvang het en dat hulle vroeër vanjaar selfs ‘n bloemlesing uit dié tronkverse kon saamstel.

Ongelukkig blyk dit nou dat die gevangenes hulle aan grootskaalse plagiaat skuldig maak deur gedigte en lirieke van bekendes soos Robert Frost en James Brown onder hul eie name in te stuur. “We now check every poem selected before going to print,” het die redakteur in vandeesmaand se uitgawe gewaarsku en bygevoeg: “By cheating you are spoiling it for those that submit genuine pieces of poetry. Not only that, you are laying yourselves and Inside Time open to possible law suits. This would ultimately finish the poetry pages, one of the most popular sections of the paper.”

Nou ja, toe. Waarskynlik net nog ‘n voorbeeld van ‘rhyme does not pay’, of wat praat ek alles?

In nog ‘n koddige geval uit Inside Time het ‘n gevangene ‘n klagte oor die laat aflewering van sy pos in versvorm aan die tronkowerheid gestuur. Heel gepas was die amptenaar, ene M Brennan, se antwoord óók in versvorm.

Vir jou naweekplesier kopieer ek laasgenoemde se vers hieronder. (Terloops, indien jy die gevangene se klagvers wil lees, is dit hier te vinde.)

Ten slotte – ons moet ongelukkig bekend maak dat Ronelda Kamfer se entoesiastiese bereidwilligheid om as blogger aan die webblad deel te neem, nié gaan materialiseer nie. Studiedruk weerhou haar tans daarvan. Dit is inderdaad baie jammer aangesien haar bydraes beslis ‘n waardevolle toevoeging tot ons arsenaal van bloggers sou wees. Dit beteken egter dat daar tans weer ‘n vakature bestaan; so laat weet gerus indien dit jóú sou interesseer.

Geniet die naweek wat op hande is en mag jou passie onbelemmerd wees. Nuuswekker hervat weer op Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Having considered your prose

It’s as clear as your nose

Some of your lines don’t meter

But alas, I digress

There’s more to address

To make communication sweeter.

Always try and refrain

From causing disdain

When composing your poetic reply

In stating concerns

Steer away from terms

Such as “which was a blatant lie”.

Now before I close

My reply to your prose

I note you’ve withdrawn your request

Your opinions you’ve floated

Your views have been noted

This matter can be put to rest.

 

© M Brennan

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Ons verwelkom twéé nuwe bloggers!
Ronelda Kamfer – vertaling in Frans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d