Dankie vir kamers vol woorde

 

Engemi

 

Ek het altyd vermoed, as ek eendag daarin sou slaag om my weg uit die plaas in die bos oop te beur

en die wiele sonpad see toe vind, sou ek ‘n nuwe wêreld ontdek, selfs ‘n onbekende planeet;

en ek het. Wat ‘n vreugde: ‘n hele werf met ‘n versehuis en kamers vol woorde . . .

 

Ek volg elke skakel, maak vir my ‘n ketting van louter genot.

Miskien sou ek dit in die bos ook kon vind maar die son en see en wind was eers nodig

om als oop te bind

Ek sê sommer dankie vir elkeen wat bydra en my vreugde gee

en aan Marlise en Louis; julle is superieure aanhitsers

Viva die Digterlike Woord in al haar vorme in Afrikaans

Groetnis

engemi

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •