Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 September 2009

Gebreide gedig vir eeufeesviering

Wollerige vers
Wollerige vers

Meer as 800 vrywilligers is tans besig om vir die Britse Poetry Society se eeufeesvieringe ‘n reusagtige gedig te brei. Elkeen van die vrywilligers se taak is om ‘n bepaalde letter van die alfabet op ‘n vierkant van 12″ by 12″ te brei. “A poem is often a small thing that packs a larger punch than its scale suggests – it’s not big and shouty. The idea of a poem with scale is interesting – it’s saying look how big, how important this poem is, and how many people’s lives it’s reached,” het Judith Palmer, direkteur van die Poetry Sociey, aan The Guardian se verslaggewer gesê en bygevoeg dat brei eintlik in vele opsigte met die maak van ‘n gedig ooreenstem: “With poetry and with knitting, you work line by line, and if something goes wrong you have to unravel it.”

Die voltooide gedig sal in Oktober, tydens die Society se feesvieringe, onthul word. Presies watter gedig dit gaan wees, is egter tot dan ‘n geheim. Uiteraard is daar heelwat spekulasie oor watter gedig dit is waaraan gebrei word: Jo Shapcott, Seamus Heaney en Emily Dickinson het immers almal gedigte oor brei geskryf. Ook Auden, Eliot, Verlaine en Betjeman word genoem, maar dit wil tog voorkom asof die meeste spekulante dit eens is dat die gedig wat in Oktober onthul gaan word, WB Yeats se “He Wishes for the Cloths of Heaven” sal wees, met daardie onvergeetlike slotreëls: “I have spread my dreams under your feet; / Tread softly because you tread on my dreams.”

Nou ja, toe. Net die tyd sal leer of dit dié lieflike vers deur een van die klassieke meesters sal wees, of dalk Milton se “Paradise Lost”, maar vir jou leesplesier vanoggend, ‘n toepaslike vers deur die Walliese digter Gwyneth Lewis. Lekker lees.

En hou maar vandag die stekies eweredig by mekaar op die breipen, hoor.

Mooi bly.

LE

 

HOW TO KNIT A POEM

 

The whole thing starts with a single knot
and needles. A word and pen. Tie a loop
in nothing. Look at it. Cast on, repeat

the procedure till you have a line
that you can work with.
It’s a pattern made of relation alone,

my patience, my rhythm, till empty bights
create a fabric that can be worn,
if you’re lucky and practised. It’s never too late

to pick up dropped stitches, each hole a clue
to something that might be bothering you,
though I link mine with ribbons and pretend

I meant them to happen. I make a net
of meaning that I carry round
portable, to work on sound

in trains and terrible waiting rooms.
It’s thought in action. It redeems
odd corners of disposable time,

making them fashion. It’s the kind of work
that keeps you together. The neck’s too tight,
but tell me honestly: How do I look?

 

© Gwyneth Lewis

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Brittanje se gunstelingdigters →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek
  • Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik
  • Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje
  • Digtersprofiel: Mari Grobler

Nuutste kommentaar

  1. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  2. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d