Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 September 2009

Gedrukte media vs opinieblogs

Blogosfeer
Blogosfeer

‘n Mens kom deesdae al hoe meer beriggewing teë wat daarop dui dat die gedrukte media hulle bedreig voel deur die sogenaamde “opinieblogs” wat tans klaarblyklik elke halfjaar in getal verdubbel op die internet; in dié mate dat bepaalde koerantgroepe begin het om gratis toegang tot hul webblaaie te staak.

Op De Niewe Reporter se webblad het Nuuswekker egter interessante beskouings rondom dié kwessie raakgelees. Ene Hans van Willigenburg is naamlik hoegenaamd nie van mening dat die netwerk van “opinieblogs” enige bedreiging vir die hoofstroom-media kan wees nie: “In steeds meer gesprekken met mensen uit de journalistiek en de wetenschap kom ik, samen met hen, tot de eensluidende conclusie dat veel op internet – en ook het opinieblog – in verregaande mate schatplichtig is aan de zogenoemde ‘mainstream media’. Het opinieblog is secundair: het reageert, het spuwt gal, het bejubelt, het keurt af, het maakt zieke grappen, maar het initieert niet.” het hy gesê.

In ‘n groot mate is dit seker korrek, maar dat die gedrukte media vanweë ekonomiese faktore en dalende sirkulasiesyfers hulle binne ‘n nuwe mark-dinamika sal moet aanpas, is ‘n gegewe. Weliswaar is alle aanduidings daar dat dit wél besig is om te gebeur. In ‘n groot mate probeer ons plaaslike media júís om die internet-generasie te akkommodeer met die uitgebreide blogruimtes wat hulle die afgelope tyd huisves. Of dit egter kwaliteit van inset sal waarborg, is natuurlik ‘n totaal ander vraag …

Myns insiens is die fenomeen van “opinieblogs” niks anders as die “little magazines” van enkele dekades gelede nie: ‘n tuisbedryf wat deur enkelinge in stand gehou word met toegewyde ywer. Maar, anders as wat dit die geval met “little magazines” die geval was, is insetkostes minimaal en sal die bepaalde blog hopelik langer bly voortbestaan as die enkele uitgawes wat die kort leeftyd van die “little magazine” gekenmerk het. En al sou die “opinieblogs” dan tans gesien word as ‘n “vergeefs(e) gedoe in de kantlijn: huisvlijt, rancune, jaloezie, imiteergedrag en nog zo wat kinderachtige emoties,” bly dit as sulks ‘n belangrike bydraende faktor tot die gesprek wat rondom bepaalde gegewe – soos die digkuns – tot stand gebring word.

Volg gerus die skakel na die stuk by De Niewe Reporter. Kyk veral na die skakels aan die regterkant van hul hoofblad; daar word ‘n hele lys van verbandhoudende artikels aangedui; toevallig ‘n funksie en opset wat prakties gesproke nié in die gedrukte media haalbaar sou gewees het nie …

Ai. Is dit nie opwindende tye waarin ons lewe nie?! Laat ons dankbaar wees.

Maandag maak ons die nuwe stemme van Nuwe Stemme 4 bekend. Indien jy een is wat nie meer kan wag nie en die ure letterlik aftel, kan jy gerus hier gaan kyk hoeveel tyd daar nog oor is op die klok.

‘n Plesierige, dog geduldige naweek word jou toegewens.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Die sarkasme van ‘n digter →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Stephan du Toit. Mona Lisa
  • Hennie Maartens. agterdog

Nuutste bydraes

  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
  • Linette van der Merwe. Kersfees

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d