Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 September 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Soos die wind waai – ook oor die Skeurvallei

Johann Lodewyk Marais se bloginskrywing oor die Skeurvallei het my herinner aan ʼn langvergete poging oor daardie landskap. Dalk net ter verduideliking van sommige van die woorde die volgende:

Kaskazi is die Swahili naam vir die noord-oos moeson wat gewoonlik van November tot Februarie waai. Dhows uit Indië, die Persiese golf en Suidelike Arabië het tradisioneel hierdie winde gebruik om na die Ooskus van Afrika te seil. Die kazi is die suid-westelike moeson, wat die dhows van Maart tot Julie kans gegee het om terug te keer.

Ek het ʼn bietjie aan die gedig getimmer. Hier is dit:

SOOS DIE WIND WAAI

Onstuimige waters onpeilbare grond.
As die engel hiér die water roer,
koes almal rond en bont.
Hier – waar die skeurvallei die kontinent
se hart in twee spleet
en mere die aardkorswond laaf,
waar twee berge hul koppe
deur wolke steek om die hemel te bejeën –
is die eerste mens deur die aarde se bekkenbeen
gestoot. Hier dus, in hierdie land,
kom die gode bymekaar.
Eers Ngai, wat van Berg Kenia
neerdaal, en Enkai, wie se kneukels
verewig word op die landskap by Ngong.
Dan Allah, die kaskazi dra sy kinders
tot hier in dhows, verby Lamu,
ʼn groot baai, tot agter riwwe van koraal
om speserye en lywe te kom haal.
Eeue later Jahweh met ʼn ompad,
die kazi in die seil van ʼn karveel.
By Fort Jesus, Mombasa, word die buit verdeel.
Hiér versamel die gode
– in berge, moskees en katedrale –
maar sal mekaar nooit ontmoet nie.

Ek het lank gelede ‘n rubriek vir LitNet geskryf oor Kenia en religie. Die stuk verduidelik byvoorbeeld wie Ngai en Enkai is en gee ‘n bietjie agtergrond oor die Skeurvallei. Dit maak ook ‘n draai deur Suid-Afrika se suburbs en gesels oor Fokofpolisiekar en Trike se take op georganiseerde religie. Lees dit hier. Hier is ‘n kort uittreksel:

Christian Friedrich Leipoldt was die leraar van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente in Clanwilliam van 1884 tot 1910. Hy was ook die vader van C Louis Leipoldt. In John Kannemeyer se biografie van Leipoldt word vertel dat dominee Leipoldt baie lief was om viool te speel – Bach, Mozart en Beethoven. Dit het die gemeente egter ontstel. Hulle het ‘n afvaardiging gestuur om hom te vra om op te hou om sulke onstigtelike musiek te maak. Hy het gedwee sy viool weggepak… Eers jare later, verswak deur ‘n beroerte, het hy in gebaretaal weer daarna gevra. Hy is met die viool in sy hand oorlede.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Günter Grass en die politiek
Om ‘n pampoen te koop op 16 September … →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d