Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 October 20095 October 2009

Amos Oz wys Pous se uitnodiging van die hand …

Amos Oz
Amos Oz

Pas het ek Vrydag berig oor Amos Oz se kanse om vanjaar as die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde aangewys te word, of ek lees op De Papieren Man se webblad dat hy pas wéér die koerantopskrifte gehaal het weens die feit dat hy ‘n uitnodiging van Pous Benediktus XVI om die Sistynse kapel saam met ‘n groep uitgelese kunstenaars te besoek, van die hand gewys het. Nog ‘n Israelse skywer, A.B. Yehoshua, het Oz se voorbeeld gevolg en ook sý uitnodiging bedank.  

Volgens Haaretz se beriggewer het die Pous ‘n uitnodiging aan 500 kunstenaars gerig om die vatikaan in November te besoek ten einde die band tussen die kunste en godsdiens te versterk.

Volgens Kardinaal Gianfranco Ravasi, voorsitter van die Pouslike Raad vir Kultuur, het die Rooms Katolieke Kerk nog altyd goeie betrekkinge met kunstenaars gehad, maar vind dat die godsdiens en die kunste hulle die afgelope paar jare in “een scheiding verwikkeld zijn”; aldus De Papieren Man.

Alhoewel sowel Oz as Yehoshua bekend is vir hul uitgesproke kritiese ingesteldheid jeens enige mag, religie en staat, volhard albei egter daarmee dat hierdie optrede van hulle gewoon te make het met ander verpligtinge … (Miskien voorsien Oz ‘n wêreldwye toer indien hy as Nobelpryswenner bekroon word?!) Hoe dit ook al sy, hierdie byeenbring van kunstenaars in die wêreldberoemde kapel is die eerste sedert 1955 toe dit Pous Paulus VI was wat die voorbeeld gestel het.

***

Intussen het die Sweedse Akademie  Vrydag bekend gemaak dat die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde eerskomende Donderdag, 8 Oktober, om 13:00 in Stockholm aangekondig sal word. Verlede jaar se wenner, Jean-Marie Gustave Le Clézio, het € 980,000 in prysgeld ontvang. Alhoewel die Akademie sy kaarte nog dig teen sy bors hou, word daar maar weer – soos in vorige jare – volhard met bespiegelings dat dit een van die volgende sal wees: Thomas Pynchon, Philip Roth, Joyce Carol Oates of Amos Oz. En natuurlik Bob Dylan, soos ek in ‘n vorige Nuusbrief berig het.

 

***

Van vandag tot volgende naweek vind die Africa Poetry–fees in Durban plaas. Gelukkig is daar darem vanjaar ‘n Afrikaanse digter op hul indrukwekkende program, naamlik Loftus Marais. Dié insluiting behels naamlik ‘n volle 100% verbetering op vorige jare ten opsigte van Afrikaanse verteenwoordiging. Welgedaan, Loftus! Staan breed op daardie verhoog, jy verdien dit.

***

‘n Móét lees op die webblad vanoggend is Yves T’sJoen se skitterende inskrywing oor die vertaling en hertaling van poësie wat hy in antwoord op Bernard Odendaal se laaste blog skryf. Onder andere verwys Yves na Leonard Nolens, Breyten Breytenbach en Herman de Coninck. Dit is veral Yves se slotsin wat my tussen die oë getref het, en myns insiens is dít die aanhaling vir die week: “Het verlangen is niet gericht op het bereiken van een doel, maar in het afleggen van een weg.  Het woord dat zalvend is, bestaat niet. Er is alleen een weg die daarheen kan leiden.”  Dan is Carina Stander ook terug na háár omswerwinge in Oos-Afrika. Gaan lees gerus haar nuwe inskrywing oor haar wedervarings en indrukke.

Geniet die week wat op hande is. Dit gaan ‘n grote wees …

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d