Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 2009

Die Nobelprys-kommissie se binnewerkinge

Per Wästberg
Per Wästberg

Uiteraard is die internet na die toekenning van die Nobelprys vir Letterkunde aan Herta Müller verlede week propvol bespiegelinge en kommentaar. Die vraag op almal se lippe is natuurlik: Wie is Herta Müller en hoekom dié gesogte prys toeken aan ‘n “randfiguur” soos Müller wat tans – met die uitsondering van één – bykans géén boeke in Engelse vertaling beskikbaar het nie? Die insiggewendste berig is myns insiens ‘n onderhoud met Per Wästberg (75), voorsitter van die Nobelpryskomitee se Letterkunde Kommissie, op Times Online. “She’s won every major prize in Germany. She’s very highly regarded across Europe,” het hy in reaksie op bogenoemde vrae gesê.

Hy het egter geweier om die name van die ander skrywers op die kortlys te verstrek, maar wel die volgende ten opsigte van Britse en Amerikaanse skrywers bygevoeg: “It is a great regret that the Anglo-Saxon world is so rich in itself but so insulated to the outer world. Only detective stories cross borders. Nothing that is truly well-written and original counts. There are exceptions, but the poor British are often so astounded when it comes to a Nobel winner. They say, ‘Who is that? We haven’t heard of him.'”

Nou ja, toe. Wästberg is iemand wat al sedert 1957 by die Sweedse Akademie betrokke is en hy het wel ietsie oor die werkswyse van die Letterkunde Kommissie verklap. Blykbaar word nominasies reeds in September van die voorafgaande jaar by 300 bemagtigde instansies aangevra; dié nomineerders sluit onder andere Nasionale Akademies in, asook Universiteite, Skrywersvakbonde en vorige Nobelpryswenners. Teen Februarie van die betrokke jaar word ‘n omvattende lys van 220 genomineerdes saamgestel; oor elke genomineerde word daar ‘n dossier geopen en hulle word dan deur etlike vergaderings heen uitgedun tot ‘n groep van 25, waarna navorsingstukke en ander toepaslike inligtingstukke aangevra word ten einde dié groepie tot 15 en teen einde Mei tot ‘n kortlys van net 5 af te skaal. Daarna volg maande van intensiewe leeswerk deur die 5 lede van die Letterkundige Kommissie; nie net die werke van die vyf potensiële skrywers nie, maar ook verslae, kommentare en dies meer. Maar, het Wästberg bygevoeg: “One digests a writer over several years. We do not make spontaneous choices. That’s why the prize can sometimes seem like an afterthought.”

Nietemin, elkeen van die 5 komiteelede stel dan ‘n verslag op oor elke skrywer op die kortlys en gedurende September word dié 25 stukke na die lede van die Sweedse Akademie versprei vir hul kommentaar en insette. Teen die einde van September word ‘n eerste stemming gehou en 7 dae later ‘n finale stemming per geslote stembrief.

Dáárna word die wenner telefonies gekontak. En natuurlik, dís waar die oog met binnepret begin glinster, want waarmee was die wenner doenig toe dié lewensveranderende oproep ontvang is? Wat was die reaksie? Wel, JM Coetzee het glo aan die persoon wat hom geskakel het, gesê om later terug te bel aangesien hy eers wou gaan stort. Toegegee, dit was 05:00 in die oggend en Coetzee het pas opgestaan. Nog ‘n komiese geval was VS Naipaul se vrou wat soos volg reageer het: “Sir Vidiadhar always writes at this time of day. He is not to be disturbed.”

En Herta Müller? Sy was glo sprakeloos. En kon aan niks dink om te sê nie. Sy het darem aangedui dat sy véél meer spraaksaam sal wees wanneer sy die prys in Desember in ontvangs neem.

***

Vanoggend is daar twee nuwe blog-inskrywings op die webblad: Ilse van Staden se roerende stuk oor emosionele verwildering en Andries Bezuidenhout se oorsig oor die Afrikaanse musiekberdryf tans. Fassinerend. En dan het Jelleke Wierenga – soos ek gister genoem het – waarskynlik ‘n appel op SêNet bestel en toe ‘n lôrrievol op haar voorstoep afgelaai gekry. En hulle is nie eens almal soet nie. Die mooiste ding wat ek egter gister op die internet raakgelees het, is Joan Hambidge se nuwe woordskepping vir “om te google”, naamlik “goegeloer”. Ai, ai. Watter lieflike (en kragtige) geskenk is ons taal nie … En wat ‘n vooreg om met só ‘n dinamiese taal as instrument gedigte te kan maak. Of wat praat ek alles?

Ten slotte hoop ek dat jou week haakvry verloop en dat die son skyn waar jy jou bevind …

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d