Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 October 200919 October 2009

Frankfurt Buchmesse en menseregte

Frankfurt Buchmesse
Frankfurt Buchmesse

Die 61ste Frankfurt Buchmesse, die grootste boekefees ter wêreld, het gister ten einde geloop. Vanjaar se Buchmesse het China as eregas gehad en talle aanbiedings was rondom die Chinese boekbedryf geskoei. Daarom is dit dan ook nie toevallig nie dat die drie sprekers wat tydens die amptelike opening verlede Dinsdagaand gepraat het, al drie verwys het na die kwessies van menseregte en vryheid van spraak. Volgens De Papieren Man het Gottfried Honnefelder, direkteur van die Duitse vereniging vir Boekhandelaars en Uitgewers, daarop gewys dat boekverkope gedurende die eerste 9 maande vanjaar met 2.8% toegeneem het. En dít vertoon besonder goed teenoor die 2.3% daling van verlede jaar. In haar toespraak het Angela Merke, die Duitse Bondskanselier, weer te velde getrek teen Google se voorneme om boeke in elektroniese formaat via die internet te versprei aangesien die beheer hiervan ten opsigte van kopiereg en die verskuldigde tantiéme-betalings aan skrywers in gebreke gaan bly. Xi Jinping, vise-president van China, het weer in sy toespraak die klem geplaas op wêreldharmonie en welvaart met ‘n gepaardgaande ophemeling van Goethe se oeuvre.

Volgens NRC se beriggewer het die toesprake inderdaad gewankel “tussen politieke principes en economische perspectieven. Natuurlijk, vrijheid van meningsuiting was belangrijk en sterk verbonden met het boek, maar respect voor cultuurverschillen en dialoog daarover was minstens zo belangrijk.”

Om nie eens te praat van die Chinese skrywers wat deur die organiseerders weer “ont-nooi” moes word nadat die Chinese regering beswaar gemaak het teen uitgeweke skrywers se deelname nie. Tot daarnatoe dan vir menseregte en wêreldvrede. Of wat praat ek alles?

Die Buchmesse kon vanjaar spog met 7,000 uitstallers en sowat 440,000 boektitels.

As toegif vanoggend plaas ek ‘n gedig van Bei Dao, een van China se vernaamste digters wat tans as banneling in die VSA woon, hieronder.

***

In soverre dit die webblad aangaan, het Bernard Odendaal sy volgende aflewering in die beoogde reeks van gedigte-besprekings geplaas. Watter onmisbare bron gaan hierdie nie wees vir Graad 12-leerders nie! Bernard se nuutste bespreking handel oor “digter wordende” van Antjie Krog. Dan is die datums vir vanjaar se Versindaba (27 & 28 November) besig om onstuitbaar op ons af te pyl … Daarom is dit met groot opwinding dat ons kan bekend maak dat vanjaar se versamelbundel reeds Vrydag van die drukkers af ontvang is. Hierdie pragboekie, wat elke jaar deur Marlise Joubert saamgestel word, is inderdaad die mees resente en aktuele spieëlbeeld van ons digkuns aangesien al die digters van wie daar bundels sedert verlede jaar se Versindaba veskyn het – of binnekort gaan verskyn – daarin opgeneem is. En as sulks is dit by uitstek ‘n versamelaarsitem.

En so staan ons reeds weer op die eerste trappie van nog ‘n week: mag dit vir jou ‘n gelukkige een wees.

Mooi bly.

LE

 

Coming home at night

After braving the music of the air raid alarm
I hang my shadow on the hat-stand
take off the dog’s eyes
(which I use for escape)
remove my false teeth (these final words)
and close my astute and experienced pocket watch
(that garrisoned heart)

The hours fall in the water one after the other
in my dreams like depth bombs
they explode

(c) Bei Dao (Uit: ‘Coming Home at Night’ in Old Snow, 1991)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Resensie: “De Ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
  • Jacobus Swart. Franz Kafka
  • Gerard Scharn. Abstract portret door Wopko Jensma
  • Marthé McLoud. Gogo

Nuutste kommentaar

  1. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  2. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  3. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

  4. Anira van der Walt on Floris van Zyl. ‘n tafereel van haat en lus en liefde7 May 2025

    Pragtige gedig Floris.

  5. Anita Van der Walt on Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig7 May 2025

    Ekfrasties se moer Eksellent eksekutief Eksklusief eksegeties Eksoties beproef

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d