Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 October 200919 October 2009

Frankfurt Buchmesse en menseregte

Frankfurt Buchmesse
Frankfurt Buchmesse

Die 61ste Frankfurt Buchmesse, die grootste boekefees ter wêreld, het gister ten einde geloop. Vanjaar se Buchmesse het China as eregas gehad en talle aanbiedings was rondom die Chinese boekbedryf geskoei. Daarom is dit dan ook nie toevallig nie dat die drie sprekers wat tydens die amptelike opening verlede Dinsdagaand gepraat het, al drie verwys het na die kwessies van menseregte en vryheid van spraak. Volgens De Papieren Man het Gottfried Honnefelder, direkteur van die Duitse vereniging vir Boekhandelaars en Uitgewers, daarop gewys dat boekverkope gedurende die eerste 9 maande vanjaar met 2.8% toegeneem het. En dít vertoon besonder goed teenoor die 2.3% daling van verlede jaar. In haar toespraak het Angela Merke, die Duitse Bondskanselier, weer te velde getrek teen Google se voorneme om boeke in elektroniese formaat via die internet te versprei aangesien die beheer hiervan ten opsigte van kopiereg en die verskuldigde tantiéme-betalings aan skrywers in gebreke gaan bly. Xi Jinping, vise-president van China, het weer in sy toespraak die klem geplaas op wêreldharmonie en welvaart met ‘n gepaardgaande ophemeling van Goethe se oeuvre.

Volgens NRC se beriggewer het die toesprake inderdaad gewankel “tussen politieke principes en economische perspectieven. Natuurlijk, vrijheid van meningsuiting was belangrijk en sterk verbonden met het boek, maar respect voor cultuurverschillen en dialoog daarover was minstens zo belangrijk.”

Om nie eens te praat van die Chinese skrywers wat deur die organiseerders weer “ont-nooi” moes word nadat die Chinese regering beswaar gemaak het teen uitgeweke skrywers se deelname nie. Tot daarnatoe dan vir menseregte en wêreldvrede. Of wat praat ek alles?

Die Buchmesse kon vanjaar spog met 7,000 uitstallers en sowat 440,000 boektitels.

As toegif vanoggend plaas ek ‘n gedig van Bei Dao, een van China se vernaamste digters wat tans as banneling in die VSA woon, hieronder.

***

In soverre dit die webblad aangaan, het Bernard Odendaal sy volgende aflewering in die beoogde reeks van gedigte-besprekings geplaas. Watter onmisbare bron gaan hierdie nie wees vir Graad 12-leerders nie! Bernard se nuutste bespreking handel oor “digter wordende” van Antjie Krog. Dan is die datums vir vanjaar se Versindaba (27 & 28 November) besig om onstuitbaar op ons af te pyl … Daarom is dit met groot opwinding dat ons kan bekend maak dat vanjaar se versamelbundel reeds Vrydag van die drukkers af ontvang is. Hierdie pragboekie, wat elke jaar deur Marlise Joubert saamgestel word, is inderdaad die mees resente en aktuele spieëlbeeld van ons digkuns aangesien al die digters van wie daar bundels sedert verlede jaar se Versindaba veskyn het – of binnekort gaan verskyn – daarin opgeneem is. En as sulks is dit by uitstek ‘n versamelaarsitem.

En so staan ons reeds weer op die eerste trappie van nog ‘n week: mag dit vir jou ‘n gelukkige een wees.

Mooi bly.

LE

 

Coming home at night

After braving the music of the air raid alarm
I hang my shadow on the hat-stand
take off the dog’s eyes
(which I use for escape)
remove my false teeth (these final words)
and close my astute and experienced pocket watch
(that garrisoned heart)

The hours fall in the water one after the other
in my dreams like depth bombs
they explode

(c) Bei Dao (Uit: ‘Coming Home at Night’ in Old Snow, 1991)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d