Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 October 200920 October 2009

Magris ontvang Duitse Vredesprys

Claudio Magris

Tydens die afsluiting van die Frankfurt Buchmesse verlede Sondag, het die Italiaanse skrywer Claudio Magris (70) die Vredesprys van Duitse Boekhandelaars in ontvangs geneem. Hierdie Vredesprys bestaan reeds sedert 1950 en word jaarliks toegeken aan ‘n skrywer wat deur middel van sy persoonlikheid, sowel as wetenskaplike, artistieke en literêre bedrywighede daadwerklik bydrae tot die uitbou van “pacifistische ideeën”, aldus De Papieren Man. Die prysgeld vanjaar het € 25,000 beloop.

Magris is internasionaal bekend vir sy boek “Danube: a sentimental journey from the source to the Black Sea” (1986) en fokus met sy skryfwerk deurgaans op die problematiek rondom multi-kulturele gemeenskappe. In sy dankwoord het Magris gewaarsku teen ‘n demokrasie wat hoegenaamd nie demokraties funksioneer nie. Sonder om die Italiaanse premier, Silvio Berlusconi, by die naam te noem, het Magris nogtans ‘n stewige klap na die Italiaanse regering gemik. Hy het die hoop uitgespreek dat sy land hopelik nié weer die aanstigter van gewraakte ideologieë soos fascisme sal word nie.

Vorige wenners van dié gesogte prys sluit onder andere die volgende in: Albert Schweitzer (1951), Ernst Bloch (1967), Max Frisch (1976), Václav Havel (1989) en Saul Friedländer (2007).

Lees die volledige berigte op die webblaaie van óf Deutsche Welle óf De Papieren Man.

***

Vanoggend is daar drie nuwe blog-inskrywings: Andries Bezuidenhout en Ronel Nel vertel van twee besonderse geleenthede hierdie week in die Kaap, terwyl Carina Stander liries raak oor die poësie in Etienne van Heerden se mees onlangse roman. Vir die Brieweboks het Loftus Marais vir ons ‘n kort, dog kragtige, opsomming gestuur van sy wedervaringe tydens sy deelname aan die onlangse Poetry Africa-fees wat in Durban plaasgevind het; toegelig met ‘n gedig (in Engels), nogals. Veral Ronel Nel se vertelling van ‘n besonder unieke projek, naamlik die uitkap van gedigte in klip, is iets wat gelees moet word.

Ten slotte, ‘n huldigingsgeleentheid vir Barend Toerien, wat onlangs oorlede is, sal eerskomende Saterdag op die bekende wynplaas Koopmanskloof buite Stellenbosch gehou word. Die geleentheid sal om 12:30 begin en sprekers wat tydens die geleentheid sal optree, is John Kannemeyer, Julian de Wette en Zandra Bezuidenhout. Laurinda Hofmeyr sal musiek verskaf aan die hand van Barend se gedigte wat sy getoonset het. ‘n Ligte ete, asook ietsie te drinke, sal voorgesit word.

En vanaand is dit om 22:00 weer Vers & Klank op RSG. Daniel Hugo lees ‘n keur uit sy gedigte voor. Gewis iets om na uit te sien …

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nobelprys – Wat sê die beroepswedders?

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d