Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 200921 October 2009

Don Paterson wen die Forward-prys

Don Paterson
Don Paterson

In ‘n vroeëre Nuuswekker het ek berig dat Don Paterson (45) die kortlys gehaal het vir vanjaar se Forward-prys vir die beste digbundel. Nou kan ons berig dat hy inderdaad dié gesogte prys met ‘n prysgeld van £10,000 vir ‘n derde keer ingealm het met sy pasverskene bundel Rain (2009: Faber & Faber, R220). Saam met Paterson op die kortlys was digters Peter Porter, Sharon Olds en Glyn Maxwell. “It was a close call,” het David Harsent, beoordelaar en vorige wenner van dié betrokke prys gesê en bygevoeg: ” These are some extremely gifted poets and it was an atrociously strong shortlist. Had it been a poor season I suppose one could have said there were one or two stand-out books, but that simply was not the case here. Every book on the shortlist had to be thought about very carefully, and there was by no means a country mile victor.”

Nogtans het Paterson se bekroning algemene byval gevind. “It is a book of great seriousness by a particularly gifted writer. It has enormous emotional depth and he is a very skilful writer in real command of his craft. Some of the work in it is tremendously moving and one or two of the poems really unsettled me – the book will stay with me,” het Harsent verklaar.

Gaan lees die volledige berig op The Guardian se webblad, asook die resensie deur John McCullough oor Don Paterson se pryswenner by Horizon Review. Veral McCullough se slotopmerking is iets wat ‘n mens ter harte kan neem: “Paterson is for many one of the most important poets writing in English, a ruthlessly intelligent writer who refuses to eschew musicality or necessary difficulty for the sake of fashion or populism. This eclectic, inventive and highly moving collection will only further his standing.”

Heelonder volg die pragtige titelgedig uit die bundel wat pas deur Johann de Lange aangestuur is. Dankie daarvoor, Johann.

***

Dan kriewel die webblad omtrent vanoggend met nuwe materiaal. Van Andries Bezuidenhout is daar twéé nuwe inskrywings: een oor expat-treffers en nog een oor die verpakking van klank, terwyl Johann Lodewyk Marais weer die toespraak wat hy tydens die amptelike bekendstelling van Lucie Möller se bundel Watermerke gelewer het, geplaas het. En dan is Desmond Painter se stuk oor Fidel Castro, Kuba en die resensie wat hy enkele jare gelede oor die boek My life – Fidel Castro geskryf het, beslis die lees werd.

Ten slotte – dit is vir ons besonder aangenaam om Melt Myburgh as nuwe blogger te verwelkom. Melt was die afgelope paar jaar inhoudsbestuurder by LitNet en is tans werksaam as projekbestuurder by Woordfees. Sy debuutdigbundel word vroeg volgende jaar verwag. Welkom, Melt! Mag dié nuwe assosiasie vir jou ‘n gelukkige een wees …  

Lekker lees aan alles wat nuut is en mag hierdie dag gemaklik lê in jou hand.

Mooi bly.

LE

 

Rain

Don Patterson

 

I love all films that start with rain:

rain, braiding a windowpane

or darkening a hung-out dress

or streaming down her upturned face;

 

one long thundering downpour

right through the empty script and score

before the act, before the blame,

before the lens pulls through the frame

 

to where the woman sits alone

beside a silent telephone

or the dress lies ruined on the grass

or the girl walks off the overpass,

 

and all things flow out from that source

along their fatal watercourse.

However bad or overlong

such a film can do no wrong,

 

so when his native twang shows through

or when the boom dips into view

or when her speech starts to betray

its adaptation from the play,

 

I think to when we opened cold

on a rain-dark gutter, running gold

with the neon of a drugstore sign,

and I’d read into its blazing line:

 

forget the ink, the milk, the blood—

all was washed clean with the flood

we rose up from the falling waters

the fallen rain’s own sons and daughters

 

and none of this, none of this matters.

 

(c) Don Paterson (Uit: Rain, 2009: Faber & Faber) 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Kortlys vir Forward-poësieprys bekend
‘n Blomjaar vir Britse digkuns →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d