Andries Bezuidenhout. Rapport se nuwe baadjie

Ek weet ek is nie objektief nie, maar ek hou nogal van Rapport se nuwe baadjie. Ek lees nooit veel van die sop-en-skinderstories nie (ek ken nie eintlik die celebs oor wie se skades berig word nie, want ek het nie ʼn TV nie). Ek stel ook nie juis belang in hoe die lesers se lywe lyk nie. Maar die nuwe Sake-blad werk vir my, ek hou baie meer van die tydskrifgedeelte (veral Harry Kalmer se uitstekende storie-rubriek), asook Weekliks se kleurvolle uitleg. Ek kan nie wag om te sien wat hulle met die Boeke-Rapport aangevang het nie.

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Rapport se nuwe baadjie”

  1. Desmond :

    Stem saam. Lyk en voel soos ‘n koerant waarmee ‘n mens Sondagoggende ‘n koffiewinkel mee kan binneval. Sien ook uit Boeke-Rapport te sien, juis komende Sondag.

  2. Andries Bezuidenhout :

    Dit lyk ook asof daar meer ruimte vir inhoud is. Wanneer laas het iemand byvoorbeeld ‘n artikel oor Alexis Preller geplaas. Twee bladsye nogal! En Mark Kannemeyer se stuk oor Berlyn was uitstekend.

  •