Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 October 200929 October 2009

Ons vier 6 maande!

Lyrikline.org
http://www.lyrikline.org

Hierdie week hou die Duitse poësie-webblad, Lyrikline.org, omtrent gróót makietie. Hulle vier naamlik hul 10de bestaansjaar met ‘n verskeidenheid aktiwiteit en voorlesings in Berlyn en elders in die wêreld. Hul program betrek 50 digters uit 25 lande, waaronder Argentinië, Griekeland, Nederland, Vlaandere, Nigerië en die VSA. En wie uit ons beskeie taaljie pronk prominent op hul webblad as “nuwe stem”? Niemand minder as Antjie Krog nie … Ai, ek wonder of ‘n mens óóit sal kan bereken hoeveel van die statuur wat die Afrikaanse digkuns internasionaal geniet, as gevolg van Antjie en Breyten Breytenbach se optredes en suksesse is?! (Daarom, uit erkenning aan haar teenwoordigheid in dié gesogte ruimte plaas ek heelonder een van Antjie se gedigte wat daar geplaas is.)

Maar terug na Lyrikline.org: met 500,000 besoekers per jaar is hierdie poësieblad by verre die grootste ter wêreld. Boonop word dit as ‘n internasionale netwerk bedryf wat deur 40 internasionale medewerkers in stand gehou word en onder andere deur UNESCO geborg word. En na 10 jaar kan hulle spog met 5,500 gedigte deur 600 digters op hul webblad, asook 6,600 vertaalde gedigte in 49 tale. Verdermeer kan die webblad gelees word in vyf wêreldtale, waaronder Engels, uiteraard. Lees gerus die volledige berig deur De Contrabas.

***

Op ‘n meer persoonlike noot: Nog ‘n vreugde vanoggend is die feit dat ons eie webblad vandag ses maande oud is … En wat ‘n vreugdevolle (dog leersame) tyd was dít nie gewees nie! Iets wat ons in ‘n groot mate dankbaar stem, is uiteraard die 70,000 besoekers-kerf wat gedurende die naweek verbygesteek is, en andersyds die enorme welwillendheid jeens hierdie inisiatief uit soveel oorde. Indien daar in gedagte gehou word dat hierdie webblad ‘n baie spesifieke en bra eksklusiewe fokus het, en terselfdertyd ‘n besonder klein taalgroep bedien, vergelyk ons blad besonder goed met monster-webblaaie soos De Contrabas (waarskynlik die grootste in Nederlandstalige gebiede) en Lyrikline waaroor hierbo berig is, aangesien hulle tans net 3½ maal groter is as ons eie bruidsblad. Mmm, maar die hoop beskaam nie, nè? Miskien word dit my gegun om in 2019 te kan berig dat ons ook ‘n halfmiljoen besoeke per jaar ontvang … Ai, ai, ai. Nogtans is dit met ‘n verleë glimlag dat ek vanoggend weer my eerste Nuuswekker van 1 Mei lees: só ambisieus, en tog onbeskaamd opgewonde was ek darem nog selde in my lewe.

‘n Mens besef egter terdeë dat niks hiervan moontlik sou gewees het indien dit nie was vir almal wat steeds tot hierdie webblad bydra of bygedra het nie; hetsy direk óf indirek. Baie, baie dankie daarvoor. In die besonder natuurlik ook aan jóú wat hier sit en lees; dit is inderdaad jóú klieks en ondersteuning wat hierdie inisiatief sterk maak. Soos ek aan die slot van my eerste Nuuswekker gesê het: Hierdie is júlle webblad; so, maak hom tel … En natuurlik, soos altyd: ‘n Gróót dankie vir ons webmeester wat nogeens ‘n nuwe rekenaar-program (en ander vaardighede) in ‘n rekordtyd moes aanleer en tans sóveel onbaatsugtige ure bestee ter instandhouding van hierdie inisiatief. Dankie, Marlise. Jy is weergaloos.

***

Ten slotte – daar is twee opwindende plasings op die webblad vanoggend: Yves T’Sjoen het ‘n nuwe blog oor die skrywer as handelsmerk geplaas, terwyl Melt Myburgh die tweede deel van sy drieluik oor “vreemde liefdes” geplaas het. Lekker lees en geniet die (ouer) vers van Antjie Krog hieronder.

Mooi bly.

LE

 

grond

 
onder bevele van my voorgeslagte was jy besit
had ek taal kon ek skryf want jy was grond my grond
 
maar my wou jy nooit
hoe ek ookal strek om my neer te lê
in ruisende blou bloekoms
in bees wat horings sak in Diepvlei
rimpelend drink die trillende keelvel
in tafsytossels in leksels gom
in doringbome afgegly na die leegtes
 
mý wou jy nooit
my verduur kon jy nooit
keer op keer skud jy my af
rol jy my uit
grond, ek word langsaam naamloos in die mond
 
nou word geveeg om jou
beding verdeel verkamp verkoop versteel verpand
ek wil ondergronds gaan met jou grond
grond wat my nie wou hê nie
grond wat nooit aan my behoort het nie
 
grond wat ek vergeefser as vroeër liefhet
 

© Antjie Krog (Uit: Gedigte 1989 – 1995, Hond Uitgewers, 1995)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “Ons vier 6 maande!”

  1. marlise joubert says:
    31 October 2009 at 15:12

    Baie dankie Maria, sulke kommentaar maak alles die moeite & tyd werd wat ek aan die webblad spandeer!

    Reply
  2. Maria says:
    31 October 2009 at 05:35

    Geluk en dankie! Dit is letterlik ‘n fees, van kwaliteit informasie en vermaak! Ek wonder wat hou Daniel Hugo so besig – ek sou graag meer van hom hier wou sien – sy staaltjies oor taaldinge is altyd so hartverskeurend heerlik (jammer vir die oordrywing, maar sy woorde doen net iets aan my). En Marlise, jou doring, dankie VERAL VIR JOU TYD wat jy so op die tegnologie se ewig evoluerende truuks moet spandeer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d