Andries Bezuidenhout. Johannesburg se poskantoor wat brand

Verlede Sondag weer in die Carletonsentrum op om die stad se geografie aan twee Turke uit te lê. Teen Istanbul moet die dorpie op die vlaktes seker maar vaal lyk. Wat sou Pamuk van Johannesburg maak? Die Turke voel Pamuk is ‘n “Orientalist”. Ek kom nou al vir ‘n paar jaar hierheen, om die stad van bo af dop te hou. Elke keer lyk dit beter – geboue word opgeknap, pleine word gebou, nuwe vervoerstelsels tree in werking. Of dalk kyk ek net anders. Soms is ek bly ek het nie ‘n TV nie. Ek wil nie die beeldmateriaal hiervan sien nie.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •