
Vandag lyk dit of Neill Blomkamp se vaartuig vol “prawns” die lugruim bo Stellenbosch vul. Dié foto is geneem vanuit die US Woordfees se kantoor.
Daar is darem een ooreenkoms tussen die District 9 prawns en Afrikaanse digters: Niemand verstaan wat de hel die spul probeer sê nie!
😉
Oi, die klikke… Toe Wikus daarna verwys het ek amper my popcorn en Coke Lite oor die niksvermoedende mens voor my uitgegooi. Dit en, ‘… we have a clever one here’; toe die prawns die vorms moes teken: daar skiet my laaste Cadbury’s Whisper amper met ‘n boog deur die lug.
Oraaaaaait. Clicks = klikke. Cliques = klieke. “Talk slower, man, I can’t follow you with all the clicks!” Daar’s seker ‘n paar ander grappe wat Amerikaanse en Europese gehore ook nie sou snap nie. Flieke, klieke en klikke, o, hieg kom die digteglike inspigasie nou…