Philip de Vos. Die Seun en die Dyk

Op Hoërskool Sentraal in Bloemfontein in die 1950’s was mnr. Casaleggio se gesamentlike sangklas vir my die hoogtepunt van die week. Dit was seker te verstane, want ek kon g’n niks verstaan van rugby of tennis of atletiek nie, dus was my stem my enigste hoop vir die toekoms.

En hoe heerlik was hierdie klasse nie as ons die skoolsaal laat dreun met Beethoven se Die Hemele Roem of anders My Grandfather’s clock. Maar die lekkerste van alles was:

 

Heb je wel gehoord van de Zilveren vloot,

de Zilveren vloot van Spanje?

Die had er veel Spaanse matten aan boord

en appeltjes van Oranje.

Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein.

Zijn daden bennen groot,

zijn daden bennen groot,

Hij heeft gewonnen de Zilveren vloot!

 

En vra jy een van vandag se hoërskoolleerlinge, is die enigste lied wat hulle kan saamsing, Meisie, Meisie … en het hulle van die wonderlike Piet Hein nog nooit gehoor nie.

En die anderdag praat ek met ’n Hollandse vriend oor die seuntjie wat Holland gered het deur sy vinger in die dyk te steek, en selfs hy het dié storie nie geken nie.

Dus om te verhoed dat die arme seuntjie, en die Zilveren Vloot in vergetelheid verdwyn het ek saam met Piet Grobler ons eie weergawe van dié storie die wêreld ingestuur.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •