Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 November 200913 November 2009

Jay Parini. Why poetry matters

Why poetry matters
Why poetry matters

In die vervolg wil ek elke Vrydag vir jou naweek se leesplesier ‘n Nuuswekker oor ‘n bepaalde oorsese publikasie pleeg. En waar is daar ‘n beter een om mee te begin as Why poetry matters deur Jay Parini? Laat ek dit nou maar reg aan die begin al erken: Ek het gewoon géén weerstand teen ‘n boek wat ‘n “pleidooi” vir die digkuns lewer nie, want hoe dikwels raak ‘n mens nie mismoedig oor die digkuns nie … In daardie moedelose tye is ‘n boek soos hierdie inderdaad ‘n hoë-oktaan inspuiting reg in die boonste slagaar. Boonop is dit ‘n knap handleiding ten opsigte van bepaalde tegniese aspekte rondom die maak van gedigte.

Jay Parini, wat bekend is as digter, romansier, biograaf en akademikus, lewer met hierdie 19de publikasie van hom ‘n werk wat ‘n poësieliefhebber eintlik nooit ooit klaar sal wíl lees nie. In nege hoofstukke behandel hy agtereenvolgens bepaalde aspekte wat met die digkuns te make het en lig dit dan toe met toepaslike gedigte en aanhalings. So is die eerste hoofstuk, “Defending poetry” inderdaad ‘n “pleidooi” vir die poësie. Daarna volg “The personal voice”, “The way of Metaphor”, “Tradition and Originality”, “Form and Freedom”, “The politics of poetry”, “A natural world” en “Divine parameters – A reading of ‘Four Quartets’.”

‘n Goeie opsomming van die boek is die volgende kommentaar wat ek op die uitgewer se webblad gevind het:  “A gifted poet and acclaimed teacher, Parini begins by looking at defenses of poetry written over the centuries. He ponders Aristotle, Horace, and Longinus, and moves on through Sidney, Wordsworth, Coleridge, Shelley, Eliot, Frost, Stevens, and others. Parini examines the importance of poetic voice and the mysteries of metaphor. He argues that a poet’s originality depends on a deep understanding of the traditions of political poetry, nature poetry, and religious poetry.”

Die boek se besonderhede is soos volg:

TITEL:               Why poetry matters

OUTEUR:          Jay Parini

ISBN:                978 0 300 15146 6

UITGEWER:      Yale University Press

PRYS:              R190.00

***

Ten slotte vestig ek graag jou aandag op Andries Bezuidenhout se nuutste aflewering in sy reeks inskrywings oor vergange eras in Johannesburg en Carina Stander wat vertel van drome. Ook is daar heelwat nuwe gedigte geplaas deur Johann de Lange, Hans du Plessis, Johannes Prins, Carina Stander, Jelleke Wierenga, Lucie Möller en Daniel Hugo. Wat besonders is hieraan is dat al dié digters – met die uitsondering van Hans du Plessis – deel vorm van vanjaar se fees. Hierdie gedigte dien dus sommer ook as lusmaker van wat jy te wagte kan wees op 27 en 28 November by die Oude Libertas Amfiteater buite Stellenbosch.

Lekker lees en geniet die naweek wat op hande is.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Jay Parini. Why poetry matters”

  1. Maria says:
    13 November 2009 at 12:53

    Skitterende idee!! En die boek van Parini klink na ‘n uitstekende begin! Versindaba is al klaar so ‘n lekker globale padwyser op die poEtiese pad en hierdie Vrydag-padtekentjie maak dit net nog meer so! Ek lees tans “The Savage Detectives” van Roberto Bolano en dit raak net lekkerder en lekkerder om ‘n poetry groupie te wees – baie spyt ek mis die pret van Versindaba gebeurtenis in Stellenbosch later die maand!

    Ek dink ons kort meer van hierdie beginsel op Versindaba van gedigte so ‘verstrooi’ tussen ander tekste – ek dink die media kan baie doen om te verhoed dat ons sonder gedigte, en dus net deels, leef – gedigte maak saak! Dit is maklik genoeg vir enige iemand om dit te voel en te besef as hy net die gedigte te siene en te lese kan kry. Is ruimte/finansies en/of kopiereg wat dit vir koerante en tydskrifte moeilik maak om gedigte sommer so tussen-in ander artikels te plaas?

    Intussen lees en leer ek lekker hier op Versindaba!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d