Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 200916 November 2009

Droompies van nat vuurpyle

Mikhail Kalashnikov
Mikhail Kalashnikov

Mikhail Kalashnikov, ontwerper van die berugte AK-47 masjiengeweer, het verlede week sy 90ste verjaarsdag gevier. Tydens ‘n spesiale verering by die Kremlin is die “Held van Rusland”-medalje deur president Dimitry Medvedev aan hom toegeken. Groot was almal se verbasing toe Kalashnikov in antwoord op dié toekenning ‘n patriotiese vers wat hy self geskryf het, voorlees. “I wrote poetry in my youth, and people thought I would become a poet. But I didn’t become one,” het hy volgens die BBC se verslaggewer agterna gesê en bygevoeg: “There are many bad poets out there without me. I went along a different path.”

Sjoe, pleks Kalashnikov eerder bly klou het aan sy droompies van nat vuurpyle (Breyten Breytenbach se beeld!) as om oor die perfekte wapen te begin droom …

Nietemin, Kalashnikov, wat sy legendariese aanvalswapen ontwerp het terwyl hy gehospitaliseer was tydens die Tweede Wêreldoorlog, het nogtans sy spyt uitgespreek dat dié wapen die voorkeurwapen vir bykans alle terreurgroepe wêreldwyd geword het. “I created a weapon to defend the fatherland’s borders. It’s not my fault that it was sometimes used where it shouldn’t have been. This is the fault of politicians,” het hy gesê. Daar word bereken dat daar soveel as 100 miljoen AK-47s in omloop is vandag.

Alhoewel my aanvanklike voorneme was om die presidensiële strydlied “Umshini wami” vanoggend as meegaande teks te plaas, het ek my bedink. Myns insiens is Erns van Heerden se bekende gedig “Na die front” véél meer gepas vir die week wat op hande is.

***

Dan begin die week sommer met ‘n hele paar nuwe plasings op die webblad: Andries Bezuidenhout het die volgende aflewering in sy reeks oor historiese Johannesburg geplaas, terwyl Philip de Vos ons weereens vermaak met die storie van die seun en die dyk. Ook Charl-Pierre Naudé het ‘n nuwe inskrywing geplaas waarin hy probeer sin maak uit Jonathan Jansen en Antjie Krog se uitsprake die afgelope tyd.

Ten slotte – Saterdag was Peter Snyders se verjaarsdag. Hy het naamlik 70 geword. En ai, ‘n mens dan nie anders as om te staan en hande klap vir hierdie lieflike mens en sy besonderse bydrae tot ons digkuns nie! Veels geluk, Peter; ons hoop dat dit ‘n vreugdevolle viering wasvir jou … En natuurlik maak dié spesiale verjaarsdag dat ‘n mens des te meer uitsien na die huldeblyk wat Willem Fransman tydens Sessie 2 van vanjaar se Versindaba gaan lewer oor Peter en sy impak op ons digkuns.

Terloops, daar is nog net 11 slapies voor die gróót makietie! Maak dus seker dat jy jou kaartjies betyds kry …

Voorspoed met die week en alles wat dit voor jou deur mag aflaai.

Mooi bly.

LE

 

Na die front

 

Toe ek die laaste môre brood eet,

kon ek my hartseer aan jou liewe hande meet;

 

toe ek my rantsoen pak, komberse rol,

was my gedagtes van jou oë vol;

 

toe ek vir oulaas staar, die deur toestoot,

toe spieël my hart hom in jou hart se nood;

 

toe ek die straat uitgaan en weer kyk,

het jou sagte hare oor my wang gestryk;

 

toe ek die trein inklim, met wrange lippe groet,

was jou mond ‘n siddering, jou kus ‘n vloed …

 

Toe ek die sneller en die blink loop vas omklem,

kon ek van jou g’n enkele trek herken.

 

(c) Erns van Heerden (Uit: Op die mespunt, 1963: Nasionale Boekhandel Bpk.)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Peter James Snyders: G’n Ordinary Mens →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d