. . . the night they first scaled the wall,
the people at the top reached down to pull
the others up, and shouted Come on,
Come on! When the guards turned the water cannons on them,
they sprayed back from open bottles of champagne.
Then the broken chunks appeared, in the hands of those
who had loosened them, fragments of concrete
glazed with spray paint inscriptions, scarred
with sledgehammer and chisel: instruments of union.
© Mark Doty (Uit: The lesson)
Aanvanklik het ek nie gedink om ‘n Nuuswekker oor die twintigjaar-herdenking van die val van die Berlynse muur te skryf nie, aangesien daar meer as voldoende dekking daarvan in die media was. Maar toe kom ek af op Edward Byrne se stuk op my gunsteling Amerikaanse webtuiste: One Poet’s Notes. En ja, toe kon ek nie die versoeking weerstaan nie; in hoofsaak vanweë die foto hierbo. Terloops, die aanhaling is geneem uit Mark Doty se gedig “The lesson” wat in die New York Times verskyn het. Ander digters wie se verse deel gevorm het van dié spesiale uitgawe, is: Marie Howe, Yusef Komunyakaa, Ewa Lipska, Vera Pavlova, Tomaz Salamun, Zafer Senocak, Bruce Weigl, en C.K. Williams.
Nietemin, terug na die muur en die val wat groot was. In sy stuk het Edward Byrne die volgende hieroor te sê: “The images of young folks opening the barrier between East and West piece by piece remain among the most exciting ever witnessed on television, as their courageous acts indicated a close to the Cold War was at hand. Today, my son possesses a piece of the Berlin Wall, which continues to exist as a concrete reminder of the value of freedom.”
Lees gerus die berig hier en luisterkyk ook na die video van Bruce Springsteen se vertolking van Bob Dylan se beroemde “Chimes of freedom”. Dit is verfilm tydens ‘n konsert wat hy in Berlyn ‘n jaar voor die Groot Val gelewer het.
As lusmaker, die volgende:
In the city’s melted furnace, unexpectedly we watched
With faces hidden while the walls were tightening . . .
And we gazed upon the chimes of freedom flashing.
– Bob Dylan (Uit: “Chimes of freedom”)
***
Vanoggend is daar sommer heelwat opwindende stukke op die webblad: ‘n onderhoud met Andries Visagie oor hermetiese en toeganklike poësie, Andries Bezuidenhout se volgende aflewering oor historiese Johannesburg en Desmond Painter wat skryf oor ‘n gedig van Theodore Roethke. En dan het ons webmeester begin met die toevoeg van ‘n nuwe dimensie tot die webblad, naamlik ‘n ruimte vir vertalings. Indien jy bydraes wil stuur vir plasing, is jy welkom. Dit kan Afrikaanse tekste wees wat na ander tale vertaal is, of verse uit ander tale wat na Afrikaans vertaal is. As redaksie is ons sommer baie opgewonde oor dié toevoeging en glo dat dit nogal ‘n sinvolle manier is om mure op ‘n poëtiese manier af te breek.
Gaan kyk gerus na alles, raak opgewonde en neem deel.
Mooi bly.
LE