Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 November 2009

Loopgraafverse

Loopgraafverse
Loopgraafverse

Ai, ek weet nie hoekom al die Nuuswekkers vandeesweek so ‘n militaristiese klankie het nie, maar op Edward Byrne se One Poet’s Notes lees ek op veteranedag verlede week ‘n interessante inskrywing oor Amerikaanse oorlogsdigters raak. Hoekom dit my aandag getrek het, is omdat ‘n mens geneig is om uitsluitlik aan die Britse digters te dink wanneer daar oor dié bepaalde genre besin word. Edward Byrne se inskrywing handel oor die digter James Dickey, wat ‘n vlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog was en diens gedoen het in die Stille Oseaan tydens Japannese-veldslae.

Byrne haal Dickey soos volg aan oor sy gedig “Drinking from a Helmet”: “The poem deals with a boy’s first inkling that his attitude is going to be that of a grateful survivor if he survives this day. He’s drinking water and identifying with the soldiers lying in the graveyard who have not been as lucky as he. He dedicates himself to survival and to looking up the brother of the dead soldier whose last thought he inherited by drinking from the dead man’s helmet and putting it on afterwards.”

Ter illustrasie hiervan plaas ek die voorlaaste gedeelte uit die negentiendelige siklus hieronder. Gaan lees gerus die volledige berig, asook die gedig, op Edward Byrne se One Poet’s Notes.

Op ons eie webblad begin die vertaalkamers nou mooi vorm aanneem. Besonderse werke wat reeds geplaas is, is Ina Rousseau se vertalings van haar eie verse na Engels, asook Johann de Lange se vertalings van Sheila Cussons en Lina Spies. Ons webmeester beoog om nog heelwat vertalings wat reeds ontvang is, oor die volgende paar dae te plaas; so, hou gerus dié ruimte dop. Dankie ook aan almal wat werke ingestuur het; veral Daniel Hugo wat vir ons Ina Rousseau se self-vertalings in die hand gestop het.

Ten slotte kom Ilse van Staden sommer met ‘n uiters opwindende aankondiging op haar blog: ‘n nuwe digbundel wat sy self uitgegee het … Liewe hemel, wat ‘n verassing! Wat ‘n vreugde! Maar wat’s die titel en waar kan ‘n mens die boek bestel? Laat weet, Ilse, laat weet … En voorspoed met dié besonderse projek.

Ter afsluiting ‘n mooi aanhaling deur William Butler Yeats wat op ‘n manier by vanoggend se Nuuswekker aansluiting vind: “Of our conflicts with others we make rhetoric; of our conflicts with ourselves we make poetry.”

‘n Lekker middel-van-die-week-dag verder vir jou. En bly tog maar weg van die loopgrawe, of wat praat ek?

Mooi bly.

LE

 

XVIII

I would survive and go there,
Stepping off the train in a helmet
That held a man’s last thought,
Which showed him his older brother
Showing him trees.
I would ride through all
California upon two wheels
Until I came to the white
Dirt road where they had been,
Hoping to meet his blond brother,
And to walk with him into the wood
Until we were lost,
Then take off the helmet
And tell him where I had stood,
What poured, what spilled, what swallowed:

(James Dickey (Uit: “Drinking from a Helmet”)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Skulpkrale: Kwatryne” (Marié Heese)
  • Nuwe publikasie: “Nogmaals vir die bysiende leser” (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.)
  • 100 Duitse Bestes: Jakob van Hoddis (1887-1942)
  • 100 Duitse Bestes: Georg Heym (1887-1912)
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Melanie Grobler on RIV Christiaan Diedericks18 July 2025

    Eugene, baie dankie vir jou gedig. Met liefde, Melanei Grobler.

  2. Bernardus Johannes Odendaal on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)15 July 2025

    Gerard, die vertaling van die gedigte was 'n herkennismaking soos min.

  3. Gerard Scharn on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)13 July 2025

    Geweldig dichter, Benn. Toen ik hem leerde kennen werd ik door het lezen van zijn gedichten zelf ook dichter.

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Gottfried Benn (1886-1956) (I)11 July 2025

    Hierdie vertalers gee vir ons een van die beste projekte nog op hierdie webblad. Ek lees tans Brecht sing Afrikaans…

  5. Jannie Pretorius on Joan Hambidge. Hierdie lewe11 July 2025

    Mooi!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d