Baie geluk aan Karel Schoeman met die toekenning van die Prix-du-meilleur-livre-etranger, ‘n Franse prys vir die beste buitelandse boek. Hierdie lewe het baie onlangs in Frans verskyn. Met die toekenning van die prys is hy in die geselskap van onder andere Orhan Pamuk, Philip Roth, Salman Rushdie, Gabriel Garcia Márquez en John Updike.
Ek herontdek Karel Schoeman met die lees van “hierdie lewe” wat ek ongelukkig in engels aangekoop het. In my jong dae, die sogenaamde “baby boomer” tydperk kon ons nie sulke boeke waardeer nie. Die verhaal is baie intensief, maar ek voel dat ek die afrikaanse uitgawe moet lees vir die besonderse taalgebruik van Karel Schoeman. Baie afrikaanse woorde nog in hul ou hollandse vorm soos bv heg vir heining en baie ander. Ek lees nou al die KS boeke in my boekerak en besoek elke moontlike tweedehandse boekewinkel vir nog eksemplare, waar ek baie keer gelukkig genoeg is om my hand op eerste uitgawes te le. Ek geniet elke en ieder van sy boeke en is tans besig met “Berig uit die vreemde, `n Ierse dagboek” Op my bedkassie is 7 KS`s reeds gelees en volgende wil ek die “Die laaste Afrkaanse Boek aanpak”, maar eers na kersfees as alles weer stil en normaal is. Ek steur my nie aan resensies nie hoewel ek dit lees om ander se menings en sienings te vergelyk. KS se skrywe spreek van die gevoel en emosie van `n mens soos ek, vir wie alleen wees heilig is en die begrip eensaamheid se inhoudelik nie `n negatiewe konotasie het nie. Ek stem saam met Desmond Painter oor die engelse titel.
hallo Andries, ek het feitlik al sy romans gelees (sels die HELE “Laaste Afrikaanse Boek”) BEHALWE “‘n Ander land”… Weet nou nog nie hoe dit moontlik is nie; dalk lees ek dit hierdie Desember. “Verkenning” is weer een wat ek nie lekker vat aan kon kry nie; ook nie “Verliesfontein” nie. “Afskeid en vertrek” het ek erg bewonder, en daar is tonele wat gewoon aangrypend is. ‘n Baie negatiewe resensie deur Andre Brink het my egter in my spore gestuit en laat wonder oor die roman se omgaan met die politieke situasie vd tyd, maar ek het dit sedertdien nog nooit weer in geheel gelees nie. Ek blaai wel soms daardeur en lees van die mooiste stukke vir myself voor. Miskien haal ek ‘n paar sulke dele aan in ‘n toekomsitge bloginskrywing. (Ek het die Engelse vertaling eenkeer in ‘n boekwinkel gesien maar nie gekoop nie. Mooi titel: Take leave and go.)
Desmond, ek stem saam oor “Hierdie lewe”. Dit het my destyds so geroer dat ek nie weet of ek dit weer sal kan lees nie. Ek het nie lekker vat aan “Uur van die Engel” gekry nie, maar dalk gaan dit oor waar jy is as jy die boek lees (nie net fisies nie). “‘n Ander land” is seker die ander groot een, alhoewel “Verkenning” seker ook aanspraak kan maak. “Afskeid en vertrek” lees ek oor en oor. Dis ook blykbaar in Engels en Frans vertaal.
Wel, Hierdie Lewe is een van die groot Afrikaanse romans. So welverdiend! Ek het egter nog selfs meer gehou v Uur van die Engels. Ek het dit in ‘n beswyming gelees een nag op ‘n Greyhoundbus van Oos-Londen na Stellenbosch… Om Karel Schoeman se prosa aan’t lees te wees wanneer die bus 02h00 in die oggend by Plett se Ultracity intrek is nogal ‘n unieke ervaring!
Desmond, op die lys wat ek gesien het, is daar nie enige ander nie.
A
Het enige ander S-Arikaner (Brink bv.) dit al vantevore gewen?