Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 November 20096 April 2011

Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma se broer verdrink

Op 15 November 1950 tref ‘n tragedie die Jensma-gesin wanneer die jongste broer, Andries, met wie Wopko Jensma “groot maatjies” was, op tragiese wyse in die Akkerbou-dam by die Grootfontein Landboukollege naby Middelburg in die Oos-Kaap verdrink. Volgens Elana Kitching (2008) van Middelburg het hy “in die Akkerbou-dam, wat op daardie stadium as swembad vir studente en personeel gedien het, verdrink. Die vermoede was dat hy op ‘n plank wat op die water gedryf het, probeer klim het om te dryf soos hy gesien het die studente doen.” ‘n Ongedateerde koerantberig oor die verdrinking in hierdie dam met sy gevaarlike steil walle bevat onder meer die volgende besonderhede:

“Hoe dit gebeur het, weet niemand nie. Die middag omtrent 4 uur het sy moeder hom gestuur en toe hy teen skemer nog nie terug is nie het hulle onrustig geword en begin soek in die rigting wat hulle hom gestuur het. By die dam het hulle toe sy fiets gekry en met flitse in die dam rond gesoek waar hulle toe sy lyk nog geklee gekry het. Hy kon nie swem nie, maar die vermoede is dat hy op planke wat om die dam lê probeer loop het en so ingeval het.”

Jensma se gedig, “My brother”, in Sing for our execution (1973), handel oor hierdie insident, maar bied nie ‘n korrekte weergawe van die omstandighede van sy broer se dood nie. In die eerste strofe skryf hy sy broer “left home one morning / and never came back” en, in die tweede strofe, dat die lyk by die rivier gevind is: “I remember we went to the river / I saw his body sleeping / deep under the water”. Daar is inderdaad ‘n rivier, die Klein-Brakrivier, wat by die dorp verbyloop, maar dié rivier het selde water. Sy suster, Elsa Jensma (2008), bevestig dat Andries deur sy stiefmoeder met sy fiets gestuur is “om ‘n pakkie vir een van die bure te gaan gee” en in die dam verdrink het.

Uit ‘n boek-in-wording deur Leti Kleyn en Johann Lodewyk Marais

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Johann Lodewyk Marais. Wopko Jensma as vertaler →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d