Die alfabet volgens Ron Silliman

Ron Silliman

Ron Silliman

Via ‘n skakel op De Contrabas kliek ek lustig verder na Rekto:Verso se webblad en vandaar na Ron Silliman se webblad, Silliman’s blog. Die rede? Wel, die volgende uitspraak deur Samuel Vriezen op Rekto:Verso wat my oog gevang het: “Veel gangbare Nederlandse literatuuropvattingen plaatsen poëzie op een as tussen anekdotisch (of ‘toegankelijk’) en hermetisch (of ‘talig’ dan wel ‘experimenteel’). Bij het eerste wordt een voorval in de werkelijkheid verfijnd gestileerd vormgegeven en, met enig geluk, door de dichter van een dieper inzicht voorzien. Bij het tweede wordt er met de taal geëxperimenteerd om allerlei abstracte dingen te zeggen die op het eerste gezicht weinig met de werkelijkheid te maken hebben en meer met metafysica of visioenen. Maar er zijn nog mogelijkheden. Poëzie kan de werkelijkheid ook zelf schrijven, en wel op een experimentele manier. Zulke poëzie onderzoekt via tekst op wat voor manieren we onze werkelijkheid kunnen beleven. Ze laat ervaren hoe onze dagelijkse werkelijkheid oneindig veel complexer is dan we kunnen overzien.”

Uiteraard het hierdie kommentaar my geïnteresseer, want op verskeie platforms en op verskillende maniere is hierdie onderwerp deur bepaalde rolspelers aan die groot balk gehang in gesprekke op hierdie webblad en elders. Ook staan Gilbert Gibson se pasverskene “oogensiklopedie” myns insiens lynreg teenoor Charl-Pierre Naudé en Danie Marais se vertoeë ten gunste van “prosaverse” op onderskeie punte van die skaal. Verskillende terminologie word gebruik, maar in wese kom dit op presies op bogenoemde uiteensetting neer, myns insiens.

Die res van Samuel Vriezen se artikel bespreek dan Ron Silliman se nuwe digbundel, The alphabet, wat bykans 1,000 bladsye dik is. Aangesien Silliman ‘n uitgesproke en toegewyde lid van die Language Poetry-beweging is en webmeester van een van die mees invloedryke webblaaie in die Amerikaanse digkuns, is dit sekerlik nodig om kennis te neem van sy doen en late. Oor Silliman se gedigte het Vriezen die volgende te sê: “Je tuimelt van observatie in observatie: het gaat over katten, busritten, seks, politiek, literaire theorie, popcultuur, wolken, rommel op straat, enzovoort. Een eindeloze stroom van indrukken, niet zozeer gecomponeerd om hun logische samenhang, maar wel om het dwingende en meeslepende ritme van hun opeenvolging.” En ‘n entjie verder: “Een uiterst realistisch boek dus, maar het is geen conventioneel realisme, zoals bij normaal verhalend proza of journalistieke teksten. In The Alphabet verschijnt de werkelijkheid op een nieuwe manier, of op allerlei nieuwe manieren.”

Nou ja, toe. Gaan lees gerus die aangehaalde fragmente wat hier geplaas is. As lusmaker (of irritasie?) plaas ek ‘n uittreksel uit “Under” hieronder. Op ‘n manier herinner dit tog aan Toast Coetzer se gedig wat ek einde September onder aan ‘n Nuuswekker geplaas het.

***

Nuut op die webblad vanoggend is nuwe verse deur Melanie Grobler en Johann Lodewyk Marais, asook ‘n nuwe blog-inskrywing deur Melt Myburgh waarin hy vertel van ‘n besonderse droom wat hy gehad het …

Ten slotte – dit is vandag die verjaarsdag van een van ons mees opwindende jonger digters: Jasper van Zyl. Laat die nuwe lewensjaar ‘n geweldige een wees, Jasper; ons sien uit na daardie bundel vroeg volgende jaar!

Ai, en nou is daar nog net drie slapies oor.

Mooi bly.

LE

 

(Uittreksel: Under)

The old grey cat hisses at the sight of the new orange kitten. Those nipples in the landscape to the west of town are still called volcanoes. As we fuck, our eyes gradually adjust to the dark, our lips to the taste of one another’s organs. Many people close their eyes as the airplane taxis for its takeoff. The dogs of poetry jump against the chain link fence.

The lens of time, perpetually out of focus, shifts toward a new resolution. The language of metaphor, not the metaphor of language, a skinny fat kid with a long flowing crewcut. Here doggy, nice doggy, that’s right, don’t bite. How does the detective know which object in the room will have the false bottom that, when removed, will reveal the telltale clue? Through narrative.

It’s raining and dark in the Tenderloin of the imagination, if that’s where dreams hide, and the people who emerge from the downpour include some I haven’t seen in fifteen years. Mountain of dishes stacked high in the drainer beside the sink. A sparrow sounds its predawn note over and over. In Santa Fe, I stand in the oldest house in America, reading the names of teenagers carved into its clay walls. I wonder how many people from the dream are still alive today.

© Ron Silliman (Uit: The Alphabet)

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Die alfabet volgens Ron Silliman”

  1. Charl-Pierre :

    My probleme met die axis wat hierbo beskryf word: Is alle poësie wat van sogenaamde “werklikheidsinsidente” gebruik maak as afspringplek potensieel noodwendig minder hermeties as poësie wat van talige eksperimentasie gebruik maak as wegsrpringplek? In poësie wat van verhalende aspekte gebruik maak kan jy net sulke ingrypende eksperimentasie kry as in talige eksperimentasie, selfs meer, en wel betreffende: assosiasie van verbeelding, visionêre postulasies, metaforiese spel, geimpliseerde rasionele betekenisontplooiings, en dies meer.

    Wat ek wil sê is: Is Lucebert werklik meer hermeties as Anne Carson? Aikona!!! Dan verstaan jy nog nie Anne Carson nie. Hoegenaamd nie. Maar volgens bogenoemde postulasie, sou sy wel minder hermeties wees.

    Talige eksperimentasie val net so dikwels vas in die minutiae van gegewe geluide maak of skommel, as wat ‘n anekdotiese benaderinmg soms kan vasval in die minutiae van gegewe eenhede van waarneembare ervaring. Die geheim vir albei benaderings is om daardie gegewens te OORSKREI, te skommel op ‘n wyse wat die gegewe ondermyn.

    En myns insiens kan jy dit ewe goed doen met talige eksperimentasie as met die eenhede van verhaling. En liefs met ‘n kombinasie van die twee.

    Is Milosz die Nobelpryswenner, of Miroslav Holub, wat albei amper uitsluitlik fokus op ‘n verbeeldingspel NIE op ‘n talige spel nie, (so ook Szymborska, hoor!) dan minder eksperimenteel en hermeties as Celan? Kan nie wees nie! Ek sou sê hulle is so in gelyke mate.

    Trouens ek sou so ver gaan om te sê Anne Carson is wesenlik een van die huidige tyd se MEES hermetiese digters. En die kategoriee wat sy skommel, is die kategoriee van waarneming en ervaringsprikkels en historiese VERHALING, NIE die eenhede van taal nie.

    As bogenoemde axis waar was, sou dit beteken dat ook in die filosofie die groot innoveerder van Westerse denker nie Nietsche sou wees nie, maar die een of ander taallaboratoruimtegnikus, nie waar nie?

    En KOM NOU, WIL EK Sê, kom tog nou … Dis kennelik nie die geval nie.

  2. Louis :

    Ek vermoed dat jy jou vinger hier op die knoop van die tou het, Charl-Pierre. En dit gaan oor die deurmekaarloop van terminologie. ‘n Gedig is immers ‘n taalkunswerk en soos ons almal weet, bestaan taal uit kognitiewe, emotiewe, analitiese, asook logiese komponente wat gesamentlik die toon van ‘n gedig bepaal. Maar, let wel: hulle is nie altyd in gelyke maat teenwordig in ‘n vers nie. Die verwarring tree egter in wanneer daar met die begrip “hermeties” soms na taalverwringing (of -ontginning)verwys word en dan weer na die toeganklikheidsvermoë van die vers. En soos jy tereg opmerk, oortree dit alle grense; ‘n “anekdotiese” of verhalende vers kan hermeties wees, al dan nie. So ook enige ander digstyl. Verdermeer, uit ‘n bepaalde oogpunt kan gesê word dat ALLE poësie hermeties van aard is aangesien dit ‘n taalkonstruksie is wat die “dramatisering” van die taal as oogmerk het ten einde dit binne konteks van die vers met betekenis en/of suggestie te laai. Die graad van “verwringing” of ontginning wissel egter van gedig tot gedig.’n Vers soos Silliman se aangehaalde gedig hierbo ontgin myns insiens nié die hermetika van taal nie en is derhalwe nié ‘n gedig nie. Net so sal ‘n gedig wat uit en uit op taalverwringing gebaseer is sonder om die kognitiewe (en logiese) komponente van taal in ag te neem, waarskynlik ‘n gebrabbel of dwaalvers wees. (Soos dit die geval was met Dada.) Myns insiens is al hierdie terminologieë nié wedersyds uitsluitend nie. (‘n Vers kán immers sowel verhalend as hermeties wees …)Net soos krieket sowel die kolf as die bal benodig, het die poësie sy taalbasis (maak nie saak of dit in “praatritmes” of “retoriese” ritmes is nie), én sy assosiatiewe basis nodig. Weereens, die kwessie van konteks en resonansie; maak nie saak of dit verhalend, liries, satiries, betogend of wat ook al is nie. Sjoe, meteens besef ek dat ek pas teen die óú opvatting van “vorm” en “inhoud” gestuit het. En die verstrengeldheid daarvan. Of in Farmer Brown se woorde: “Jou verse LEES so lekker, want hulle KLINK so lekker.” 🙂 ‘n Verhaal vrá immers om vertél te word; en dié vertelling kan volgens praatritme óf retoriese ritme wees. Maar indien dit nie resoneer nie (soos Silliman se gedig hierbo) is dit geen gedig nie. Net so kan prosa wél resoneer en dan word daar dikwels na “poëtiese prosa” verwys wat ook as gedig gekonstrueer kan word. Soos jy immers reeds met sukses in ‘n vorige blog aangedui het. Is dit nie dalk tog maar net die verskillende gesigte van dieselfde ding nie, Charl-Pierre? Of wat praat ek alles?

  3. Charl-Pierre :

    Louis, jou uiteensetting is in die kol. Ek het nie geweet dat die woord “hermeties” OOK kan verwys na hermetika en taalkonstruksie nie. (Nou ja, mens is nooit te jonk om nie te kan begin leer nie …)

    So inderdaad was hier deels ‘n onduidelikheid oor terminolgie.

    Ek stem saam met alles wat jy hier bo sê.

  •