Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 November 20094 September 2013

Andries Bezuidenhout. Amperse internasionale insident in Frankfurt

Dankie tog. Gisteraand se trauma is agter die rug.

Soms wéét jy net: Dinge kan lelik skeefloop. Al die bestanddele is daar vir ʼn Insident, ʼn Voorval, ʼn Episode. Hoe sal die joernaliste dit beskryf? Hulle slyp juis hulle penne en lense vir nuus, veral omdat daar so min na die einde van die jaar se kant toe gebeur.

Die toneel is Frankfurt se lughawe. Drie groepe mense vergader in een vertreksaal. Die eerste is Turkye se stoeispan. Van hulle het koolore en skewe neuse en hulle lyk bedonderd. Hulle wag vir die vlug Istanbul toe. Die tweede is ʼn peloton Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners. Van hulle het ook koolore. Sommige blaai ongedurig deur Joost van der Westhuizen of John Smit se omstrede biografieë, wat hulle elke nou en dan uit hulle groen en geel toksakke haal. Hulle lyk iesegrimmig, om die minste te sê. Ons het teen Ierland verloor en hulle het pas uit Dublin aangekom vir die vlug terug huis toe.

En toe die ergste. Die Suid-Afrikaanse nasionale dansspan arriveer. Dit lyk of hulle in ʼn goeie luim is. Waarskynlik het ʼn paar van hulle trofees gewen. Mans en vroue. Voete lig. Stywe klere, elegante serpe, hare in die nuutste modes. Hulle dartel die vertreksaal binne.

O, hel. Wat nou?

Was dit ʼn wonderwerk? Was dit die Duitse intelligensiediens wat die situasie agter die skerms ontlont het? Die stoeiers is Istanbul toe en die vlug Johannesburg toe het stilweg afgeloop, met slegs een bonkige man wat snorkig in sy slaap gepraat het. Maar niemand het iets gesê of gedoen nie, al kon ʼn mens duidelik so tussen benoude kreune deur die woord “moffies” hoor. Toe ons land het die swembaddens, afvoerdamme en plakkerskampsinkplate vrolik in die oggendson geblink.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d