Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 2009

De Papieren Man wen Dutch Bloggie

De Papieren Man
De Papieren Man

In gister se Nuuswekker kon ek net so in die verbygaan verwys na die Dutch Bloggie wat pas aan De Papieren Man toegeken is. Hulle het dié toekenning in die kategorie Beste Literatuur Weblog verwerf. Hierdie prys, wat in 2008 deur De Contrabas gewen is, is die belangrikste Nederlandse prys vir weblogs.

Merel Roze, die paneel van beoordelaars se segsman,  het die toekenning soos volg gemotiveer: “Hij (De Papieren Man) plaatst elke dag een nieuw stuk op zijn site, en houdt zich altijd aan zijn kader: literatuur. Soms plaatst hij nieuws, nooit te lui om goede links erbij te zetten, waardoor je de site echt als portal kunt gebruiken. Hij houdt de actuele vetes in de boekenwereld bij en belicht ze van beide kanten. Dan weer plaatst hij een recensie of een beschouwend stuk. Dat doet hij bijna helemaal alleen, wat de waardering van de jury kon wegdragen.”

De Papieren Man word deur Dirk Leyman en Hans Cotty bedryf. Die volledige berig kan hier gelees word, terwyl gelukwensinge hier te vinde is. Al wat ek weet, is dat dit geen geringe prestasie is om ‘n uitsonderlike webblad soos De Contrabas die loef af te steek nie. Dis ‘n enorme prestasie! Veels geluk, Dirk en Hans. Lank leef die voubare man …

***

Dan het daar sedert gisteroggend sommer ‘n hele paar briewe ter terugvoer van verlede naweek se fees in die Brieweboks beland, asook twee nuwe blog-inskrywings. Melt Myburgh gee terugvoer oor sy ervarings van die fees, terwyl Carina Stander weer reëls afluister vir ‘n gedig. En dan moet jy beslis by die fotogalerye ‘n draai maak; al die foto’s is uiteindelik gelaai. Baie dankie ook aan almal wat vir ons foto’s gestuur het. Mmm, dis omtrent soos ‘n tweede skeppie room op jou poeding. Of wat praat ek alles?

Lekker lees en hê pret vandag.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Jan Pollet. ‘Vader at patrijzen en Moeder was er niet’.
Louis Esterhuizen. De Papieren Man skakel hul rekenaars af →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d