Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 2009

Die fees afgerond met … Pushkin!

Deur: Johannes Prins

 

Johannes Prins ontspan 'n bietjie in sy gastehuis
Johannes Prins ontspan

Ek dink ons mis soms poësie omdat ons te besig is om oor poësie te praat.
Hiermee sê ek natuurlik nie dat ons nie oor poësie moet praat of besin nie, maar dat ons binneoor dalk meer ontvanklik moet wees.
Dié idee het oor die naweek by die Versindaba in my kop kom sit.
Dit was eintlik ná die Versindaba toe ons by die gastehuis soos ‘n spul rawe op ons gasvrou se heerlike lasagna toegesak het.
In Stellenbosch sukkel ek dikwels om uit my kop te kom. Elke straat en leivoor het te veel herinneringe. Dis beslis ‘n draak wat ek nog moet aanvat.
Juis met een van dié drake doenig, sit ek aan tafel met Nicol Stassen regs van my. Ons eet nóg lasagna.
En drink nóg wyn.
Agter Nicol het Charl-Pierre en Johan Myburg hulle op kussings neergevly en Charl en Louis is aan’t praat. Eers oor Paul Celan en Antjie se vertalings en later iets anders (jammer, maar ek het nie verder geluister nie).
Agter my het Marlise stil gesit. Waarskynlik aan’t herstel na die malligheid van die laaste paar dae.
En toe in ‘n moeilike Engelse aksent vra ‘n fisikus van die Oekraïne wat links aan die tafel sy aandete sit en eet: “Wat doen julle op Stellenbosch?”
Toe ek vir hom sê ons is Afrikaanse digters wat aan ‘n fees deelneem wil hy onmiddellik weet “hoe klink Afrikaanse poësie” en of ek vir hom sal voorlees?
Ek het twee random verse vir hom gelees en hy’t sy kop gekantel om mooi na die ritme te luister.
Hy’t sy oor na aan die papier gehou.
Toe gesê “ek hou daarvan” en “daar’s baie g’s wat ek hoor?”.
Toe spring hy op en gaan haal ‘n vers van Pushkin wat hy met die hand op ‘n stuk papier oorgeskryf het. Hy dra dit op reise saam in die binnesak van sy baadjie.
Ek dink onmiddellik: ‘n fisikus wat ‘n vers van Pushkin saamdra? Wow!
En toe begin hy lees. En lees. En lees. En die Russies spoel oor my.
Ek sit verwonderd: hoe kom dit dat die Russe my dikwels raaklees & raakdrink in dié Bolandse dorp?
Vroeër op Stellenbosch was dit Johann Johl se Roulet wat my tyd in beslag geneem het en heelwat kuiers met Russiese studente.
Op pad lughawe toe dink ek so half met ‘n glimlag: op dié Afrikaanse versfees was ‘n Russiese voorlesing amper vir my die mooiste.
Maar net amper.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne
  • Jakes Möller. Vergesig
  • Jacques Boshoff. Skoonmaakdag
  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  2. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  3. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  4. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  5. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d