Andries Bezuidenhout. Hartseer liedjies deur die lug

Bleek Berus kan nou elektronies afgelaai word, vir hartseer mense wat ver is, of depressiewes wat dalk sukkel om dit in ‘n winkel op te spoor.

Bookmark and Share

4 Kommentare op “Andries Bezuidenhout. Hartseer liedjies deur die lug”

  1. Hendrik Botha :

    Andries,ek sien in die gesprek met jou op Litnet oor jou nuwe album sê jy dat jy nie verwag om duisende te verkoop. Nadat ek onsuksesvol deur 4 musiekwinkels in Pretoria is en telkens net met so n glasige uitdrukking in die verkoopsassistent se oë beloon word as ek jou naam noem, het ek begin glo jy bedoel dit! Toe die laaste jongman my navraag met n teenvraag beantwoord nl “Wie is Andries Bezuidenhout, maak hy boeremusiek”, en dit nadat hy my so op en af beskou het, het ek besef die hou is vir my bedoel eerder as vir jou. Ek het toe druipstert die aftog geblaas. Ek wil glo die fout lê nie by my of by jou nie maar wel by Pretoria.Kan mens meer verwag van n stad wat om n kerkplein gebou is! Ek wil egter nederig vra namens myself en nog 4 geswore aanhangers van Klerksdorp met wie se bestellings ek in my sak rondloop of jy my kan laat weet waar ek 5 kopiee van Bleek berus kan koop. Dankie by voorbaat.
    Groete.
    Hendrik Botha

  2. Louis :

    Hendrik, Andries is tans op reis iewers in die Kaap; so ek reageer maar namens hom, want ek twyfel of hy toegang tot ‘n rekenaar het. Jy is egter welkom om ‘n bepaalde boekwinkel op Stellenbosch te kontak by (021) 882 9100 en ons pos die CDs vir jou. Jy kan ook ‘n e-pos stuur na ls.protea@mweb.co.za indien jy dit sou verkies.
    Ek hoop jy kom reg. Dit is inderdaad ‘n besonderse CD.
    Terloops, jy kan ook Protea Boekwinkel in Hatfield (Pretoria) kontak indien dit meer gerieflik vir jou is; ek vermoed hulle sal ook voorraad hê.
    Vriendelike groete,
    Louis

  3. Hendrik Botha :

    Dankie Louis, ek is toevallig nog in Pretoria.Ek probeer Hatfield vandag,anders kontak ek jou. As hulle voorraad het by die Hatfield tak is hulle n eerste (en warskynlik enigste,kan jy dit glo!) in Pretoria!
    Dankie weereens vir jou respons en ook sommer weer vir n wonderlike Versindaba.Dit was die hoogtepunt van my jaar!
    Groete.
    Hendrik Botha

  4. Andries Bezuidenhout :

    Hendrik, ek is jammer oor al die drama. Jammer ek kry nou eers kans om te reageer. Ek was in die Diep Karoo, ver van enige verbindings. Dankie vir jou snaakse storie. Ek troos my daaraan dat die meeste verkoopsassistente in CD winkels ook nie weet wie die Cherry Faced Lurchers is nie. Ek het by my platemaatskappy oor beskikbaarheid gehoor. Hier’s die antwoord:
    “Bleek Berus by Andries Bezuidenhout now available in the following stores:
    Lookandlisten: Atterbury, Menlyn, Centurion, Nelspruit, Rustenburg, Witbank.
    Music Moods: Centurion, Woodlands.”

  •