Sartre en sy geliefde krewe

Jean-Paul Sartre

Jean-Paul Sartre

Volgens ‘n berig op Times Online het dit onlangs aan die lig gekom aan Jean-Paul Sartre, een van die belangrikste denkers nóg, op ‘n stadium met meskalien geëksperimenteer het en toe jarelank ernstige hallusinasies met krewe wat hom agtervolg en omring, ervaar het. Dit is volgens ‘n boek, Talking with Sartre, wat binnekort in New York gaan verskyn, waarin gesprekke tussen Sartre en John Gerassi, ‘n jarelange vriend en vertroueling, geboekstaaf word.

“Yeah, after I took mescaline I started seeing crabs around me all the time,” het Sartre volgens Gerassi by geleentheid aan hom erken. “They followed me in the streets, into class … I would wake up in the morning and say, ‘Good morning, my little ones, how did you sleep?’ I would say, ‘Okay guys, we’re going into class now . . . ‘ and they would be there, around my desk, absolutely still, until the bell rang.”

Die eksperimentele gebruik van meskalien was natuurlik nie ongewoon nie. Talle ander intelligentsia, waaronder Aldous Huxley en Hunter SV Thompson, het entoesiasties hieraan meegedoen. Vir Sartre sou dié newe effek egter jare duur; vanaf 1935 tot 1940 toe hy onder behandeling van niemand minder as ‘n jong Jacques Lacan daarin kon slaag om die rooi, skuinslopende gediertes te ignoreer nie. “The crabs stayed with me until the day I simply decided that they bored me and I wouldn’t pay attention to them,” het hy glo gesê.

Vreemd genoeg, tydens sy laaste siekbed in 1980 het die onthou van dié visioene hom met onverbloemde nostalgie oor sy “crabs” laat praat: “We call them crabs because of my [Altona] play,” het hy gesê, “but they were really lobsters. And you know, I’ve never said this before, but sometimes I miss them … I remember how they used to sit there on my leg.”

Nou ja, toe. Soveel dae, soveel dinge. Of wat praat ek alles?

***

Op die webblad is daar gister ‘n besonder interessante artikel geplaas, naamlik dr. Amanda Lourens se lesing oor die voortsetting van die Afrikaanse vroulike tradisie na aanleiding van Marlise Joubert se onlangse digbundel passies en passasies. En dan sien ek op vandag se publikasielys lê daar twee uitsonderlinge vertalings wat wag om geplaas te word: ‘n gedig van Anna Akhmatova (vertaal deur Johann de Lange), asook ‘n gedig deur Wislawa Zsymborska wat deur Henning Pieterse vertaal is.  So, lek solank jou ooglede en wees op die uitkyk daarvoor …

Vir jou leesplesier plaas ek vanoggend Sharon Olds se gedig “Crab” hieronder.

Mooi bly.

LE

 

Crab

When I eat crab, slide the rosy
rubbery claw across my tongue
I think of my mother. She’d drive down
to the edge of the Bay, tiny woman in a
huge car, she’d ask the crab-man to
crack it for her. She’d stand and wait as the
pliers broke those chalky homes, wild-
red and knobby, those cartilage wrists, the
thin orange roof of the back.
I’d come home, and find her at the table
crisply unhousing the parts, laying the
fierce shell on one side, the
soft body on the other. She gave us
lots, because we loved it so much,
so there was always enough, a mound of crab like a
cross between breast-milk and meat. The back
even had the shape of a perfect
ruined breast, upright flakes
white as the flesh of a chrysanthemum, but the
best part was the claw, she’d slide it
out so slowly the tip was unbroken,
scarlet bulb of the feeler-it was such a
kick to easily eat that weapon,
wreck its delicate hooked pulp between
palate and tongue. She loved to feed us
and all she gave us was fresh, she was willing to
grasp shell, membrane, stem, to go
close to dirt and salt to feed us,
the way she had gone near our father himself
to give us life. I look back and
see us dripping at the table, feeding, her
row of pink eaters, the platter of flawless
limp claws, I look back further and
see her in the kitchen, shelling flesh, her
small hands curled-she is like a
fish-hawk, wild, tearing the meat
deftly, living out her life of fear and desire.

(C) Sharon Olds

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Sartre en sy geliefde krewe”

  1. Maria :

    Oooo – prettige informasie – die storie oor Sartre is baie snaaks en Sharon Olds se gedig is wonderlik. Hier in Suid-Korea word alle kos ‘versnipper’ en dan wyd versprei d.m.v. sop en rys (gepraat van melk en heuning – dit is ons land nou baie duidelik en deeglik vir my – ons skort net ietsie van Suid-Koreaanse dissipline – maar ek weet ook nie elkedag of vry en kleurvolle mense so gedissiplineer kan of moet word nie)- en krap is een van die dinge wat so opgeknip word (eters hier het mos nie messe nie)- en dit is dan vir my baie moeilik om dit so te eet – die doppe is oral in mens se pad (ook die visgrate en hoenderbene as dit vis of hoender is)- en ek kan dit veral dan nie ook nog met chopsticks (djod kara is hul woord) vashou en ‘luidkeels’ uitsuig nie – so ek smag al woes na ‘n stukkie kreef waarvan ek die vleisies so kan “slide it
    out so slowly the tip (…) unbroken” – ^^
    Ek is verder bly Nuuswekker is terug – dis soos ‘n lekker sleutelgat (een wat altyd lekker verassings oplewer) waardeur mens kan loer en gedigtedinge van die wyer wêreld kan sien – ^^

  2. Maria :

    Baie dankie Louis – sjoe, dis ‘n heerlike eerlike gedig! Die mense leef omtrent van rekenaars hier – met hulle bree broadband kan mens inderdaad so vreeslik vinnig rondkliek – en films vinnig download is dus nie snaaks nie – en so kyk die graad 9 gevorderde groepie van 5 toe District 9 (met Koreaanse onderskrif) vandag – die (3) seuns hou daarvan, die (2) meisies dink die held is nie aantreklik nie – ^^ – as die hoof moet weet hoeveel gevloek hulle gehoor het (kinders word baie beskermd groot hier*) word ek sekerlik afgedank – maar hulle weet nou meer van Suid-Afrika – danksy die vinnige resultate met ‘n paar klieks hier in Suid-Korea – ^^
    * Daar was vandag vier vreemde tannies (ajummas, getroude vroue – hulle hare is geperm – dis ‘n redelike harde reel hier op die platteland) by die skool, toe ek vra wie hulle is, toe vertel die juffrou dat hulle inligtingsbeamptes is wat die kinders kom inlig om (eendag!) hul kant te bring t.o.v. die krimpende Koreaanse bevolkingssyfer – toe wonder ek maar bietjie … (ek gee skool by ‘n middelskool).

  3. Maria :

    Sjoe – ek luister nou eers na die gedig – ek het Koreaans nog NOOIT in DIE toon gehoor nie. Die voordragtoon en die gedrukte teks se toon verskil dan ook aansienlik – die gedrukte teks het iets van die digtheid en besigheid van die vreeslike baie dinge dig (en veral vinnig*) op mekaar hier in Korea, terwyl die voordrag ‘n vreeslike weemoed uitstraal. Toe ek egter nou ‘n weerlees doen – toe sien ek die hartseer woorde soos “lightly double-click” en “a coupon drops down like a camellia petal I” raak … sjoe sjoe. En dit is dan ook so dat mens hier in Korea ‘n sekere verwardheid ervaar – mense met wie mens nou saamwerk is vreeslik vriendelik – maar mens voel ook ‘n sekere gespannendheid, dalk weens die inspanning wat dit verg om in Engels te kommunikeer, dalk die ‘face saving’-ingesteldheid – kortom – mens voel iets agter of saam met die vriendelikheid wat dinge gespanne maak – dalk het dit iets met hierdie hartseer wat ek nou hier gehoor het te doen. Dit is inderdaad onder al die vlot-verloop-van-sake en baie pienk-en-cute-en-blink ‘n vreeslike harde wereld van beton en plastiek en rekenaars (my skoolbusstop het net gister ‘n rekenaarskerm vir-bustye en -bewegings gekry – op elmbooghoogte!). Suid-Afrika se stede sal soos groter en kleiner plaasdorpe wees vir my as ek teruggaan – dis nou maar eenmaal ‘n land van melk-en-heuning, EN dinge soos “7 lyke lê tussen rou tjops, glase, klere” (Beeld, 18 Desember 2009) – elke land het maar sy donkerkant… mens moet maar altyd weerlees – ^^

  •