Philip de Vos. Nellie du Toit

                                        foto: Philip de Vos (2005)

 

Die operasangeres Nellie du Toit is vandag 80 jaar oud. Haar dogter, Christine, het my gevra om ‘n versie te skryf wat ek vanaand by die partytjie moet opsê:

 

NELLIE DU TOIT

In Pietersburg lank, lank gelede,

was die du Toit’s glo heel tevrede.

Petronella was só pragtig –

’n mooie bybie, o, ja – wragtig!

Die liewe kind se eerste skree,

was wrintiewaar ’n hoë C!

Sê haar moeder “Glo vir my,

This is really One Fine Day!”

Dit was werklik goeie dae,

en daarna sê haar trotse ma:

“My kind is só ’n liewe ding.

Hééldag lank wil sy net sing:

Oor en oor en oor en oor

neurie sy die neuriekoor.

Nellie is tog alte fraai –

ééndag sing sy Butterfly.

Sy sing selfs deesdae in haar slaap,

en moet liewers na die Kaap,

want by die College kan sy leer

haar diafragma te beheer.”

 

Na ses jaar klim sy toe aan boord

en Nellie seil na Londen voort,

maar twee jaar later seil sy t’rug,

na haar land uit pure plig!

Hier toer sy saam met Marcel Wittrish;

Sing mooier as – Mar-le-ne Dietrich,

en begelei deur Albie Louw,

was dit wel iets om te onthou.

Sy sou nooit-ooit weer ophou sing

en jare lank net vreugde bring.

Ja, gou-gou sou sy koning kraai

as onse Madame Butterfly.

Van Koekenaap tot in Japan

sing sy die rol so dan en wan.

In fact sy sing dit weer en weer –

beslis meer as ’n honderd keer.

En as Lucia di Lammermoor

klink sy eintlik glad nie goor.

In die Alhambra was hul gaande:

Sy kry ovasies – áltyd staande.

En Nederburg Pryse: een … twee … drie.

O, is dit nie te pragtig nie?

 

Toe hoë C’s vir haar te hoog word,

sou Nellie later pedagoog word.

So sou sy verder vreugde bring

en ander leer hoe om te sing:

George Stevens, Gé en Michelle Breedt

sou nóóit haar leerdery vergeet.

Daarná sing hulle vir die vale:

Drie ware Boere-nagtegale.

En toe in neëntien neën-en-tagtig

word sy ’n Doktor o ja wragtig.

(Nié een wat jou kan opereer nie,

want dít sou sy nie eens probeer nie.)

’n DokTOR met ’n O nie E nie,

en vir dié eer sê sy nie nee nie.

 

Tagtig jaar is snel verby

en nou sal jy vir Nellie kry

Vrydag-aand in die Shebeen

(the nicest place you’ve ever seen!)

waar al haar pêlle glasies klink

en sy aan die verlede dink

aan Philip – járe aan haar sy

en vier mooi dogters – op ’n ry.

Dae vol liefde; en somtyds leed –

dae om nimmer te vergeet

en binne in haar binne-oor

hoor sy nog steeds die neuriekoor

 

Bookmark and Share

6 Kommentare op “Philip de Vos. Nellie du Toit”

  1. annie :

    ek het al as kind na haar geluister en glo vandag nog sy sing van die mooiste in ons mooi land. en hierdie woorde in ritme en rym sal ek nog lank onthou.

  2. Johnnie Autard :

    My tong het darem vandag sy oefening gekry!!!

  3. ´n Pragtige huldeblyk oor een van die beste sangeresse wat ons ooit gehad het. Ek geniet jou blog ontsettend baie. Gaan so aan, asseblief! Marita

  4. I write to inquire if you, Nellie du Toit, are the Petal du Toit I met in 1954 on board the Stirling Castle traveling from UK to SA.
    You may recall that I asked you to sing Vilja from Lehar’s Merry Widow at the ship’s concert having heard you sing it some years before with the Cape Town Municipal Orchestra directed by Pickering. I was at school. It was very good indeed and every time I hear that aria I think of you. The last time I spoke to you was in Adderly’s St outside the tobacconists Millar Bros.

    Please satisfy my curiosity if you can

    Bryan Todd

  5. Louis :

    Dear Mr. Bryan Paterson-Todd –
    Above is a piece by Philip de Vos which he published on the occasion of Nellie du Toit’s 80th birthday. Included is the poem that he was requested to recite at the celebration.
    However, we have no doubt that it is indeed she that you are enquiring about. Therefore, we shall forward your e-mail address to Philip with the request that he provides you directly with contact details of Nellie du Toit; if he is in posession of such, that is.
    Kind regards,
    Louis

  6. Dear Bryan
    Are you the same Bryan Paterson Todd who was living in Molo whilst you practiced law in Nakuru in the 50s? I believe we are somehow (although distantly) related! I am the grandson of Beatrice and Maurice Bond.
    kind regards,
    Paddy Bond Gunning

  •