Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 December 200911 May 2010

Poëtiese reklameflitse

In die kol reklame
In die kol reklame

Robert Graves het by geleentheid die volgende opmerking gemaak: “There’s no money in poetry, but then there’s no poetry in money, either.” Dit wil egter nou voorkom asof dié uitspraak die afgelope tyd ernstig onder druk geplaas word deur die Britse reklame-agentskappe. So gebruik McDonald’s die volgende reëls uit ‘n gedig van Rolf Harris: “The Gothy types and scoffy types and like-their-coffee-frothy types were just passing by.” Nog ‘n voorbeeld is Pete Postlethwaite wat die volgende poësie kwytraak in ‘n advertensie vir Cathedral City  cheddar kaas: “On the A47 it’s cheese with cucumber / It’s lunchtime for her as the rest of us slumber.”

Volgens The Guardian se berig is daar sommer ‘n horde ander instansies wat begin het om poësie in te span vir reklamedoeleindes. Hieronder tel die AA, Waitrose, Center Parcs en Prudential.

Maar hoe voel die digters hieroor? Liverpool se beroemste digter, Roger McGough, het die volgende te sê gehad:  “It doesn’t always please me. It’s like when you hear music used in an advert and you feel it has degraded it. But as long as the poems are used respectfully, I think it can be OK. Center Parcs used Leisure by William Henry Davies, and Waitrose used Keats’s To Autumn. I wrote a poem for a Prudential ad campaign, but Adrian Mitchell said he wouldn’t do it. Verse has always been used in adverts – memorable language and the expectancy of rhyme are powerful – but it has to be used respectfully.”

Nick Toczek, wie se gedig deur Prudential gebruik is, het sy bereidwilligheid tot misbruik soos volg gemotiveer:  “Shakespeare would have thought commercialism was worth it. Populism is good. The more language matters to people the better. Look how Auden sold after Four Weddings and a Funeral. But there is a line – I would have reservations about the politics of doing a poem for McDonald’s, for example. But my Prudential poem is still the most recognised of all my poems. It took me 20 minutes to write, was broadcast 5,000 times and earned me £5,500.”

Die reëls wat deur Prudential gebruik is, lees soos volg: “Our kids, who’ve grown and flown the nest, / Now only phone us to request / More cash on loan, their tone depressed.”

Nou ja, toe. Laat ons nie die krag van die poëtiese woord of frase onderskat nie!

***

Nuwe plasings op die webblad is Bernard Odendaal se resensie oor Lucie Möller se bundel Watermerke, en ook Carina Stander wat op haar blog een van haar gunsteling aanhalings uit die boek Women who run with wolves, met haar lesers deel.

Ten slotte – my kar staan alweer gepak om môre-oggend baie vroeg die pad na die noorde aan te durf. Hierdie is dus die laaste Nuuswekker tot kort voor die nuwe jaar … Graag wil ek en Marlise dan van hierdie geleentheid gebruik maak om elkeen van ons Versindaba-besoekers en -deelnemers die allermooiste Kerstyd toe te wens. 

As toegif vanoggend, nié DJ Opperman se bekende “Kersliedjie” nie, maar ietsie op ‘n meer persoonlike vlak: Marlise se pragtige “Kersoggend” , met die hoop dat Kersdag vir jou en jou geliefdes ook ‘n tyd van stille vreugde sal wees … (Terloops, as verdere leesprikkel kan jy gerus Willem Jan Otten se “adventessay”, asook sy vertaling van T.S. Eliot se gedig “The Journey of the Magi”, hier op De Contrabas te lese kry.)

Nuuswekker hervat weer volgende week.

Mooi bly.

LE

 

(Kersoggend)

 

so stil begin die dag –

 

op die horison ‘n silwer ketting

van heuwels ingekurwe

met die roerlose landskap

enkele vlietende vlerke van voëls

gevurk oor ‘n wingerd

soos die stiltes

tussen note van ‘n fluit

 

so stil begin die dag –

 

tussen die gespierde bene

van ‘n enkele donker boom

rus die tjello van ‘n oggendson

en die dun strykstok van ‘n wolk

halveer die strale van lig

soos stiltes

van klanklose klank

 

asemloos

onuitgesproke 

so stil begin die dag

sing

 

(c) Marlise Joubert (uit: Lyfsange, 2001: Protea Boekhuis)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. ‘n Leerskool vir skrywers
Louis Esterhuizen. Nuwe president vir Poetry Society →

2e gedagtes oor “Poëtiese reklameflitse”

  1. Zandra Bezuidenhout says:
    21 December 2009 at 09:31

    Pragtig, Marlise.

    Reply
  2. Charl-Pierre says:
    21 December 2009 at 09:09

    Mooi gedig van Marlise Joubert wat aangehaal is.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Wenners van die kompetisie: “Die gees van die avontuur”
  • Stefanus S. Vivier. Reisiger
  • Uitnodiging na die ATKV-digskool 27 – 29 Maart 2026
  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d