Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 2009

Gedigte geskryf in bloed

Ruud Linssen
Ruud Linssen

‘n Nijmeegse digter, Ruud Linssen, het besluit om die gedagte van gedigte maak as “bloedsweet” baie letterlik te vertolk en beoog om die gedigte vir sy debuutbundel, wat vroeg volgende jaar verskyn, in sy eie bloed te laat druk. “Bij mijn weten is drukken met menselijk bloed in Nederland of België nooit eerder gebeurd. Dus doktert een team van bloedspecialisten, inktdeskundigen en scheikundigen een formule uit om mijn bloed geschikt te maken om ermee te drukken,” het Linssen gesê. “Of het zal lukken, weten we nog niet. Het proefdrukken moet nog beginnen. Ze hebben me een halve liter bloed afgenomen en die zal worden aangevuld met een even grote hoeveelheid vetten. Een liter moet volstaan om het boek gedrukt te krijgen.”

Blykbaar handel Linssen se bundel in hoofsaak oor die fisiese en sielkundige lyding van die mens; ‘n pleidooi vir die behoud van lyding as teenwig vir die hedendaagse mens se obsessie met “geluk”. Dis nou volgens Het Nieuwsblad se beriggewer.

Linssen se uitgewer, Underware, is héél ingenome daarmee om hierdie “bebloede” affêre uit te gee, aangesien hulle spesialiseer in ongewone publikasies. (So is daar byvoorbeeld ‘n vorige publikasie van hulle wat jy net in die sauna kan lees. Sodra jy na buite gaan en die humiditeit afneem, vervaag die drukwerk.)

Nou ja, kyk. Dít is gewis extreme poetry op sy ergste. Of wat praat ek alles?!

Die volledige berig kan hier op Het Nieuwsblad se webtuiste gelees word.

Vir jou leesplesier plaas ek vanoggend een van die mooiste onlangse Afrikaanse gedigte oor bloed wat ek van weet onderaan: Carina Stander se gedig “Vulkaanklip” uit haar nuutste bundel.

***

En dan is dit nou behoorlik komkommertyd op die webblad. Daar is niks nuuts om aan te kondig nie.

Daarom – geniet die rustyd; waar jy jou ook al mag bevind. Die jaar lê op sy rug.

Mooi bly.

LE

 

VULKAANKLIP

Hawaii

 

vulkaanklip is die naghemel van ‘n eiland

vulkaanklip is swart vlegsels met koper spikkels

vulkaanklip is vuurvlieë in die wonde van God

 

wanneer pluimsteen spat

word die reënwoud

in ‘n oogwink

‘n blink begraafplaas

 

skaars ‘n armlengte onder jou voet

vloei riviere van vuur

rooi soos Bloed

rooi soos Bloed

 

(c) Carina Stander (uit: woud van nege en negentig vlerke, 2009: Tafelberg)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Wenners van die kompetisie: “Die gees van die avontuur”
  • Stefanus S. Vivier. Reisiger
  • Uitnodiging na die ATKV-digskool 27 – 29 Maart 2026
  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d