Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 2009

Gedigte geskryf in bloed

Ruud Linssen
Ruud Linssen

‘n Nijmeegse digter, Ruud Linssen, het besluit om die gedagte van gedigte maak as “bloedsweet” baie letterlik te vertolk en beoog om die gedigte vir sy debuutbundel, wat vroeg volgende jaar verskyn, in sy eie bloed te laat druk. “Bij mijn weten is drukken met menselijk bloed in Nederland of België nooit eerder gebeurd. Dus doktert een team van bloedspecialisten, inktdeskundigen en scheikundigen een formule uit om mijn bloed geschikt te maken om ermee te drukken,” het Linssen gesê. “Of het zal lukken, weten we nog niet. Het proefdrukken moet nog beginnen. Ze hebben me een halve liter bloed afgenomen en die zal worden aangevuld met een even grote hoeveelheid vetten. Een liter moet volstaan om het boek gedrukt te krijgen.”

Blykbaar handel Linssen se bundel in hoofsaak oor die fisiese en sielkundige lyding van die mens; ‘n pleidooi vir die behoud van lyding as teenwig vir die hedendaagse mens se obsessie met “geluk”. Dis nou volgens Het Nieuwsblad se beriggewer.

Linssen se uitgewer, Underware, is héél ingenome daarmee om hierdie “bebloede” affêre uit te gee, aangesien hulle spesialiseer in ongewone publikasies. (So is daar byvoorbeeld ‘n vorige publikasie van hulle wat jy net in die sauna kan lees. Sodra jy na buite gaan en die humiditeit afneem, vervaag die drukwerk.)

Nou ja, kyk. Dít is gewis extreme poetry op sy ergste. Of wat praat ek alles?!

Die volledige berig kan hier op Het Nieuwsblad se webtuiste gelees word.

Vir jou leesplesier plaas ek vanoggend een van die mooiste onlangse Afrikaanse gedigte oor bloed wat ek van weet onderaan: Carina Stander se gedig “Vulkaanklip” uit haar nuutste bundel.

***

En dan is dit nou behoorlik komkommertyd op die webblad. Daar is niks nuuts om aan te kondig nie.

Daarom – geniet die rustyd; waar jy jou ook al mag bevind. Die jaar lê op sy rug.

Mooi bly.

LE

 

VULKAANKLIP

Hawaii

 

vulkaanklip is die naghemel van ‘n eiland

vulkaanklip is swart vlegsels met koper spikkels

vulkaanklip is vuurvlieë in die wonde van God

 

wanneer pluimsteen spat

word die reënwoud

in ‘n oogwink

‘n blink begraafplaas

 

skaars ‘n armlengte onder jou voet

vloei riviere van vuur

rooi soos Bloed

rooi soos Bloed

 

(c) Carina Stander (uit: woud van nege en negentig vlerke, 2009: Tafelberg)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: “om my kastele in Spanje te sloop” (jaco barnard-naudé)
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)

Nuutste kommentaar

  1. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  2. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  3. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

  4. Ena on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Mooi, Celeste!

  5. Barbara Steyn on Celesté Fritze. Vergetedal8 May 2025

    Soooo mooi beskryf!!!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d