Desmond Painter. Nuwe jaar

Vir almal wat hier lees: ek hoop dit is ‘n voorspoedige nuwe jaar, en dat 2010 vir meer as net sokker onthou sal word…

 

Ek sit en lees vanmiddag die derde volume van Javier Marias se roman, Your face tomorrow. ‘n Meesterstuk; ‘n boek vir die lange duur. Ek sou die drie volumes saam benoem vir Roman van die Dekade. Wat sou die ander wees, as ek ‘n lys moes maak? Dit is eintlik ‘n onmoontlike lysie om saam te stel; daar was so baie goeie boeke, en in elk geval, ek sal my geheue eintlik eers moet verfris voor ek so iets aandurf.

 

Maar vir nou, die volgende boeke (almal gepubliseer in die 2000s) staan vir my uit – vir hulle intellektuele reikweidte, vir hulle emosionele diepgang, vir hulle doodgewone briljantheid:

 

1. Your face tomorrow (Vols. 1-3) – Javier Marias

2. Never let me go – K. Ishiguro

3. The Road – Cormac McCarthy

4. Atomised – Michel Houellebecq

5. Elisabeth Costello – JM Coetzee

6. The Human Stain – Philip Roth

7. Cosmopolis – Don DeLillo

 

Miskien moet ek later verder aan hierdie lysie werk. Wat het ek uitgelaat? Wat het ek (volgens jou) verkeerdelik ingesluit?

Bookmark and Share

Een Kommentaar op “Desmond Painter. Nuwe jaar”

  1. Desmond Painter :

    Verskoon die spelfoute en lomp sinne; dit was immers op 1 Januarie geskryf… Ek het vergeet om Orhan Pamuk se ‘Snow’ by my lysie te voeg. As jy Marias se boeke afsonderlik tel, beteken dit daar is nou 10 boeke op my lys, boeke wat ek meen iets fundamenteel te s^e het oor die menslike kondisie, die tye waarin ons leef, en gewoon briljant geskryf is. Sommige lesers sal dalk van my verskil oor DeLillo se Cosmopolis, maar ek meen dit is ‘n totaal onderskatte roman… (Dit is terloops ook ‘n belangrike interteks vir Ingrid Winterbach se “Boek van Toeval en Toeverlaat”.)

  •