Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 January 20104 January 2010

Aanmoedigingsbeurse

Hetzelfde gedicht steeds weer
Hetzelfde gedicht steeds weer

Teen die einde van verlede jaar was daar heelwat reaksie op die toekenning van die Jan Rabie / Marjorie Wallace-beurs aan André Brink. Ek wil hoegenaamd nie dié debat heraktiveer nie, maar wat die meeste kommentators myns insiens uit die oog verloor het, is dat dié toekenning problematies was, júís omrede dit die enigste van sy soort in Suid-Afrika is. Indien daar argumentshalwe jaarliks 10 of meer soortgelyke beurse “ter aanmoediging” bestaan het, sou niemand die toekenning van sodanige beurs aan ‘n gevestigde en bewese skrywer soos André P. Brink bevraagteken het nie …

So het die Vlaams Fonds voor Letteren byvoorbeeld enkele weke gelede bekend gemaak dat hulle vanjaar 10 “stimuleringsbeurse” aan debutante beskikbaar gaan stel ten einde dié nuwelingskrywers te help in die skryf van hul volgende boek. Die totale bedrag wat toegeken word, beloop 46,500 euro. 

Nietemin, onder dié uitverkore groep van 10 is daar darem drie digters, te wete: Inge Braeckman (Beeltenissen), Maarten Inghels (Tumult) en Lies Van Gasse (Hetzelfde gedicht steeds weer). Dan is daar ook nog vyf prosaskrywers en twee jeug- en kinderboekskrywers.

Die volledige berig kan op De Papieren Man gelees word.

Nou wonder ‘n mens maar net wat die kanse sou wees dat die Afrikanerbond of ATKV sulke beurse tot die beskikking van Afrikaanse skrywers kan stel, want van staatskant is so iets helaas ondenkbaar. Hoe dit ook al sy, as toegif volg ‘n gedig van Lies van Gasse onder aan vanoggend se Nuuswekker. Dit is ‘n gedig wat sy tydens ‘n onderhoud met De Contrabas uitgesonder het as haar persoonlike gunsteling in haar debuutbundel.

***

Dan is ek besonder bly dat drie van ons bloggers weer terug is op hul pos na ‘n periode van sluimer en rus. Charl-Pierre Naudé kry die jaar aan die rol met ‘n vurige kyk na uitgediende begrippe vir poësiekritiek, Desmond Painter probeer die beste romans van die vorige dekade op ‘n lys kry, terwyl Philip de Vos ons weer vermaak met flentertjies vers en stukkies papier wat hy uit kartondose opdiep … Pure leesplesier.

So, geniet dit. En sterkte vir almal wat vandag weer moet terugkeer na die roetine van swoeg en sweet.

A luta continua!

Mooi bly.

LE 

 

herinner me een heldere ochtend
na een nacht vol regen, de straten
glad en overspannen.

Een zachte wind in de binnentuin,
het opspringen van klaver en klimroos.
Koffie,dampend aan het raam.

Ik herinner me april,
dauwdruppels op spinrag.

Ik herinner me het schudden van takken
als een plots geschenk van helderheid.
We hadden niet gegeten.

 

(c) Lies Van Gasse (uit: Hetzelfde gedicht steeds weer, 2008: Wêreldbibliotheek)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d