Philip de Vos. How to shit in the woods

Tot my groot skaamte moet ek erken dat ek taamlik onbelese is en die groot rede is seker dat my aandagspan nie veel langer as dié van ’n muskiet is nie.

 Wie of wat ek daarvoor moet blameer is nie altyd so maklik om te bepaal nie, maar ek is doodseker dat my sterreteken iets daarmee te doen het.

 In die dae toe ek nog wou weet wat eendag vir my voorlê, het iemand my astrologiese kaart uitgelê en die volgende op ’n stukkie papier neergepen:

Sun in Gemini

Moon in Gemini

Venus in Gemini

Rising Sign Gemini

Veel verder het ek nie gelees nie, en nou weet ek oplaas waarom ek sommer in die middel van ’n sin na ’n ander onderwerp kan omspring. Ook waarom ek nie dik boeke kan lees nie. Vergeet maar daarvan dat ek ooit Agaat sal lees, óf Karel Schoeman óf Deon Meyer.

Ek bepaal my liewers by iets baie kort: kort versies, kortverhale, kort sinne. Maar selfs sommige mense se sinne maak my deurmekaar Ek lees allerhande resensies wat so slim klink, dat ek teen die einde van ’n sin nie eens weet hoe dit begin het nie as gevolg van al die grênd woorde wat ek nog net êrens in woordboeke gesien het. Daarom raak selfs sinne vir my somtyds te lank, en bepaal ek my liewer by boektitels.

Boektitels – as mens daaroor dink is eintlik vreeslik belangrik en hoe op aarde der miljoene boeke elkeen ’n ander titel het gaan my verstand te bowe.

Dink maar net aan boeke al die boeke wat vanjaar plaaslik gepubliseer is:

Sonder om vooraf te weet wie die skrywer is – wonder ek watter titel my sou aanpor om dié spesifieke boek op te tel:

 

Die rebellie van Sloet Steenkamp.

Die ooreenkoms.

Plaasmoord.

’n Reënboog vir Aralie.

Reisiger.

Toring se Baai.

Oogensiklopedie.

Santa Gamka.

Begging to be Black.

The Girl who kicked the Hornet’s Nest.

Bongo, Bongo, Bongo. I don’t wanna leave the Congo.

 

Met my sin vir nuuskierigheid, sou dit die laaste twee wees. Plaasmoord klink te skrikwekkend en Oogensiklopedie het te veel klinkers. Maar, nou ja, elkeen het sy eie smaak.

’n Titel was nog altyd vir my belangrik. daarom dink ek self my eie Brommer in die Sop is nie te sleg nie. So-ook Vincent van Gogga, maar ongelukkig was laasgenoemde titel nie my eie nie, maar my vriend Peter se skepping.

 

Hier is ’n paar gepubliseerde nie-fiksie titels wat myns insiens nogal onthoubaar is, of ek hulle ooit sou lees, is natuurlik ’n ander saak:

  

People who don’t know they’re dead – Gary Hill

How to Avoid Huge Ships – John W. Trimmer

Fancy coffins to make Yourself – Dale L. Power

Old Age: Its cause and Prevention – Sanford Bennett

Enjoy your Chameleon – Earl Schneider

How to Rob Banks without Violence Roderic Knowles

You can make a Stradivarius Violin – Joseph V Reid

Excrement in the late Middle ages – Susan Signe Morrison

How to shit in the Woods – Kathleen Meyer

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Philip de Vos. How to shit in the woods”

  1. Walter Fox :

    Wat van: How to talk about books you haven’t read deur Pierre Bayard?

  2. Louis :

    Terloops, Philip, die boektitel wat toe die Diagram Prize vir vreemdste titel gewen het, is “Crocheting Adventures with Hyperbolic Planes” deur Daina Taimina. In die tweede plek was “What Kind of Bean is This Chihuahua?” met “Collectible Spoons of the Third Reich” in die derde plek. Ander finaliste was: “Afterthoughts of a Worm Hunter,” “Governing Lethal Behavior in Autonomous Robots” en “The Changing World of Inflammatory Bowel Disease.” Verlede jaar se wenners was glo “Bombproof Your Horse” en “Living With Crazy Buttocks.”
    Gaan kyk gerus by http://www.independent.co.uk/arts-entertainment/books/news/book-mixing-math-and-crochet-wins-uk-odd-prize-1928459.html vir die volledige berig.
    Mooi bly.
    Louis

  •